Wednesday, February 28, 2007

Happy un-birthday to me!

Danksy die vyf mense wat op die ou end 'n bydrae gemaak het tot die Koop-vir-Maeree-'n-nuwe-kamera Fonds (asook die hoof van die huis se kredietkaart) het ek 'n splinternuwe kamera.

Hier is een van die eerste foto's wat ek met my nuwe kamera geneem het:

Die kar wat voor ons ingery het. Nommerplaat CJL 338 EC.

Tuesday, February 27, 2007

Nog bloed en binnegoed, enigiemand?

Vandag wonder ek oor baie dinge.
Ek wonder of "The Passion of the Christ" vir Mel Gibson 'n nuwe voorliefde vir bloed en binnegoed gegee het.
Ek wonder of die akteurs van Apocalypto maar mense is wat in Hollywood rondhardloop.
Ek wonder watter taal praat hulle in Apocalypto.
Ek wonder hoekom Gibson dié fliek gemaak het.
Ek weet ek kan hierdie inligting seker êrens in cyberspace opspoor, maar ek is nie nou lus nie.

Kristen

Hierdie post hou verband met hierdie een.
Connect the dots. . .

Monday, February 26, 2007

Lessie

Wanneer jy iemand op 'n selfoon skakel en jy ontdek dis die verkeerde nommer, vra om verskoning en sit die telefoon neer. Jy mag dan nog een keer weer die verkeerde nommer skakel, net om seker te maak jy't nie dalk die knoppies verkeerd gedruk nie. Maar jy mag nie nog veertig keer dieselfde nommer skakel nie.

Verder, as die persoon wat die telefoon antwoord vir jou sê hulle is nie die Ocean Basket in Nelspruit nie, glo hulle. Maak nie saak hoeveel keer jy vir hulle sê hulle is die Ocean Basket in Nelspruit nie, hulle gaan nie ewe skielik in die Ocean Basket in Nelspruit verander nie.

Friday, February 23, 2007

Ek kan my oë nie afhaal nie


Die hoof van die huis het 'n nuwe bril gekry. Baie sexy. (Ongelukkig kan ek nie 'n foto plaas nie, aangesien nog net twee mense 'n bydrae gemaak het tot die Koop-vir-Maeree-'n-nuwe-kamera Fonds.)

Wat bietjie afbreek doen aan sy nuwe sexy look, is sy nuwe gewoonte om aanhoudend te sê: "Ek is soos die Son: Ek Sien Alles."

Sug. So word ek gefolter.

Thursday, February 22, 2007

Voorneme

Ek gaan voortaan probeer om nie skuldig te voel oor goed wat ander mense my aandoen nie. Dis dieselfde siek sindroom wat veroorsaak dat mense wat verkragting oorleef, dink dit was op 'n manier hulle skuld. Of hoekom mishandelde vroue dink hulle verdien dit.
Vandag begin my bevryding. As ek gedoen het wat ek moes en wat ek kan, gaan ek nié skuldig voel oor ander se verwagtings nie. Ek gaan nie die leuens wat ander vir my oor my vertel, glo nie. Ek mag mishandel word, maar ek is waaragtig nie 'n slagoffer nie.

Wednesday, February 21, 2007

Gril


Spesiaal vir Lammervanger.

Tuesday, February 20, 2007

Ek het dit vantevore gesê, ek sê dit weer

Is ek al mens op hierdie aarde wie se ma haar geleer het om mense nie voor 9:00 in die oggend te bel nie?

Ek meen, watter beskaafde mens bel 'n ander beskaafde mens 6:40 IN DIE OGGEND en vra "kan ons asb daai wynrooi kussings leen"? Dit is twintig voor sewe in die oggend!

Voortaan gaan ek my selfoon afsit. Geeneen van die oproepe wat ek al ooit op onbeskaafde tye ontvang het, was 'n noodgeval nie. Selfs die oproep om 6:00 (in die oggend) op nuwejaarsdag 2001 was nie 'n noodgeval nie. As jou vrou jou drie dae terug gelos het, kan jy gerus nog drie ure wag. Of nog ses, synde dat die vorige aand oujaarsaand was.

Thursday, February 15, 2007

"Die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle..."

(www.jesuscampthemovie.com)

Wednesday, February 14, 2007

Gelukkige Valentynsdag


Ek is 'n gróót aanhanger van romantiese liefde. Ek is trots op die feit dat ek en die hoof van die huis siniese mense met een oogopslag kan laat kots.
Dis ook die rede waarom ek dink PostSecrets soos die een hierbo is tragies. Mense kan mekaar nie fix nie. As jy verwag dat jou partner jou moet fix, gaan jou verhouding(s) jou net ongelukkig maak. Die geheim van 'n gelukkige verhouding, dink ek, is juis dat beide partye rééds gefix is, dat hulle nie nodig het om mekaar se sielkundiges/dokters te wees nie.
(Dankie aan die TWEE persone wat 'n donasie gemaak het tot die Koop-vir-Maeree-'n-nuwe-kamera Fonds.)

Tuesday, February 13, 2007

Droogte

My geliefde digitale kamera wat die hoof van die huis vir my dertigste verjaardag vir my gegee het [sê dit sonder om asem te haal], is stukkend. Ek het nie besef hoe afhanklik ek van dié stukkie tegnologie was nie - of hoe nou digitale kameras en blogs aan mekaar verbonde is nie. Sug.
Ondersteun die "Koop-vir-Maeree-'n-nuwe-kamera Fonds".

Sunday, February 11, 2007

So wê!

Die dominee het vandag gepreek oor Jesaja 6 en verwys na die serafs wat hul voete bedek. Voete, sê hy, is 'n metafoor vir geslagsdele.
Hah!
Ek wen en almal wat Rut se "reinheid" wou beskerm, verloor.

Wednesday, February 07, 2007

Scream your last breath

Ek hou van grillers. Ek weet hul trefkrag lê in my vermoë om te weet dis nonsens met 'n swak (ongeloofwaardige) storielyn en swakker special effects.
Maar so af en toe is daar 'n fliek soos "The Descent".

"A caving expedition goes horribly wrong, as the explorers become trapped and ultimately pursued by a strange breed of predators."

'n Mens lees die opsomming en verwag heerlike prul. Maar jy kry soveel meer: geloofwaardige karakters, vroue wat gatskop op 'n besonder indrukwekkende wyse, engtevrees én die tradisionele monsters wat mense eet.
Selfs nog voordat die monsters verskyn, het die fliek reeds geslaag daarin om jou hartklop op te jaag. Ek, wat nie engtevrees het nie, het skoon gesukkel om asem te haal.

Tuesday, February 06, 2007

Die beste PostSecret nóg!


Sunday, February 04, 2007

Rapport

Aan wie dit mag aangaan:
Stellenbosch staan nog en is gelukkig nie so erg warm nie.
Die Wes-Kapenaars is nog dieselfde.

BlogAfrikaans.co.za