Monday, February 26, 2007

Lessie

Wanneer jy iemand op 'n selfoon skakel en jy ontdek dis die verkeerde nommer, vra om verskoning en sit die telefoon neer. Jy mag dan nog een keer weer die verkeerde nommer skakel, net om seker te maak jy't nie dalk die knoppies verkeerd gedruk nie. Maar jy mag nie nog veertig keer dieselfde nommer skakel nie.

Verder, as die persoon wat die telefoon antwoord vir jou sê hulle is nie die Ocean Basket in Nelspruit nie, glo hulle. Maak nie saak hoeveel keer jy vir hulle sê hulle is die Ocean Basket in Nelspruit nie, hulle gaan nie ewe skielik in die Ocean Basket in Nelspruit verander nie.

7 Comments:

At 11:04 AM, Anonymous Anonymous said...

Die enigste Laerskool-Maandagoggend-saalbyeenkoms-sedelessie wat ek nog kan onthou na 20 jaar is die keer toe ons skoolhoof, Mnr JAM van Schoor, vir ons 'n halfuur preek oor telefoonmaniere gegee het. Jy sal mal wees daaroor om met my oor die telefoon te praat!

 
At 11:57 AM, Blogger Adam said...

Daar is tye wanneer my selfoon se lyn met iemand anders s'n gekruis word. Dan bel hul 'n totaal ander nommer, maar kom by my uit... Nodeloos om te sê probeer hul dan nog 20 keer weer. Al wat help is om die foontjie af te sit vir 5 minute en dan weet aan te skakel.

Het gelukkig lanklaas gebeur.

 
At 12:29 PM, Blogger BatCat81 said...

Kan ons iets in die lessie ingooi oor hierdie ouens wat jou so bel en net 2 minute van jou tyd soek om een of ander nuwe bank/klere/makeup/sextoy/vakansieprys/belegginsopsie aan jou te verkoop?

 
At 3:04 PM, Blogger Freddy said...

Ek wil graag weet: Hoe het jy die lessie geleer?
1. Jy het 24 keer die sex shop gebel om pizza te probeer bestel;
2. Die hoof van 'n ander huis het jou 24 keer gebel vir 'n bestelling...?

 
At 12:50 PM, Anonymous Anonymous said...

Nog 'n lessie: wanneer jy iemand op énige foon skakel en jy ontdek hulle praat nie jou taal nie, sit neer.

 
At 1:16 PM, Anonymous Anonymous said...

ek sweer, ek het vandag in die fliek gesit, en halfpad deur toe bel die ou langs my iemand anders om 'n gesprek oor sy selfoon te voer.
dit gebeur as jy in tygervallei fliek.

 
At 8:25 AM, Blogger maeree said...

prof, ek glo dit heeltemal. ek beleef dit te gereeld.
ek het eendag, lank lank gelede, in 'n fliek in st'bosch gesit waar daar 'n groep tieners onder op die mat voor die skerm gesit en partytjie hou en rook het (dit was toe reeds onwettig om in 'n fliek te rook).

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za