Wednesday, February 07, 2007

Scream your last breath

Ek hou van grillers. Ek weet hul trefkrag lê in my vermoë om te weet dis nonsens met 'n swak (ongeloofwaardige) storielyn en swakker special effects.
Maar so af en toe is daar 'n fliek soos "The Descent".

"A caving expedition goes horribly wrong, as the explorers become trapped and ultimately pursued by a strange breed of predators."

'n Mens lees die opsomming en verwag heerlike prul. Maar jy kry soveel meer: geloofwaardige karakters, vroue wat gatskop op 'n besonder indrukwekkende wyse, engtevrees én die tradisionele monsters wat mense eet.
Selfs nog voordat die monsters verskyn, het die fliek reeds geslaag daarin om jou hartklop op te jaag. Ek, wat nie engtevrees het nie, het skoon gesukkel om asem te haal.

2 Comments:

At 10:17 AM, Blogger Do Kwang said...

Daardie fliek het my oopmond aan die skree gehad.

 
At 10:34 PM, Blogger Lammervanger said...

Dit was 'n kwaai fliek wat ek by iemand geleen het wat dit van Hong Kong af ingesmokkel het... Ek kon nie ophou dink oor watse hard core bitches dit is wat sulke hard core grotgoeters doen vir fun nie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za