Friday, January 26, 2007

Bek + Jêm

Ek is nie 'n Insig fan nie. Voel vir my te veel na 'n mondstuk vir die angs van die neo-konserwatiewe Afrikaners wat hulself sien as tog, o, só liberaal.*

Do Kwang het my egter geïnspireer om weer 'n uitgawe van dié tydskrif te lees.

Sommer op bladsy 9 al het my tone gekrul van lekkerkry terwyl ek kliphard lag. Respek vir die redakteur en haar moed om "Joe se seepkis" te plaas.

My gunsteling:
"As ek president van hierdie land was... sou ek weer die doodstraf instel, maar slegs vir witmense (hulle wil dit mos graag terughê). "

*Waarmee ek niks sê oor die joernaliste wat vir die Insig skryf nie, eerder oor (my persepsie van) die "target market". Ek hou van joernaliste. Van my beste vriende is joernaliste.

7 Comments:

At 7:23 AM, Blogger Adam said...

Ek hou nie van die nuwe Insig nie. Die doodstraf is 'n annerding... Ek voel daagliks al hoe meer dat RSA homself in die voet geskiet het met sy liberale nuwe grondwet.

Ek probeer positief bly, maar sukkel maar. Die urge om te verkas word elke dag al hoe sterker...

 
At 5:20 PM, Blogger Do Kwang said...

Hoekom skryf jy niks oor Do Kwang se storie nie? Moet uit hierdie obvious ommissie aflei jy het gedink dis junk?

 
At 2:08 PM, Blogger Do Kwang said...

Miskien moet daai skrywer in Insig 'n paar swart mense probeer ontmoet eerder as om sulke aannames te maak.

 
At 10:14 PM, Blogger Lammervanger said...

Ek geniet nogal vir Insig... Dit is een van twee tydskrifte wat langs my persoonlike toilet lê. Die ander een is SA Sports Illustrated.

 
At 8:22 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Ek sien Elvis leef in Bellville. MAak sin, want daar kan hy redelik ongemerk inpas met sy haarstyl en mode-styl.

Hoekom reken Insig raak die NG Kerk Zef? OF is dit Zen?

 
At 12:42 PM, Blogger maeree said...

do kwang, ek het nie gedink daai storie is junk nie.

zuit, niemand gebruik meer die woord "zef" nie. as jy wil weet hoekom die insig dink die ng kerk raak zen, vra daai allemansvriend prof.

 
At 8:01 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Dis wat jy dink! Net nou die dag het iemand die woord nool op Do Kwang se blog gebruik. So zef en spif is nog steeds daar buite. Veral daar in die Baai as ek moet raai.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za