Friday, January 19, 2007

Conundrum

Ene Dirkie Smit sê dat daar 7 verse in die Bybel is oor homoseksualiteit, terwyl bykans elke bladsy van die Bybel praat oor ekonomiese geregtigheid. So waarom is daar nie massa-histerie oor ekonomiese onreg nie?

8 Comments:

At 4:47 PM, Anonymous Anonymous said...

Want niemand kan sy/haar betrokkenheid by ekonomiese onreg wegredeneer nie. And with injustice, you have one screwing the other WITHOUT consent. (Ek hoop maar hier kom my opmerking anoniem uit, sorry Do. Dis n ander anoniem)

 
At 9:31 AM, Blogger Do Kwang said...

Daar is ook meer Bybelverse wat mense aansê om hul skoene uit te trek as Bybelverse oor homoseksualiteit. Hoekom skeur kerke nie oor skoene nie, dit maak anyway veel meer sin.
Wat sê Dirkie Smit sê Hannah Arendt oor die hele aangeleentheid?

 
At 8:50 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Nie dat ek met julle verskil nie (ek stem saam), maar die hoeveelheid keer wat 'n vers oor 'n onderwerp voorkom kan tog nie 'n geldige maatstaf wees van hoe reg of verkeerd dit is nie.

Kaalvoet in die kerk?! Volgende gaan jy wil hê hulle moet Bjork speel voor die diens!

 
At 6:47 AM, Blogger Lammervanger said...

Kom ons moer vir Dirkie.

 
At 6:58 AM, Blogger Freddy said...

This comment has been removed by a blog administrator.

 
At 7:01 AM, Blogger Freddy said...

Pienk Zuit (and the Brain Zuit)
Hoekom Bjork slegs VOOR die diens speel?

En Maeree, hoe klink "urpvrur" vir word verification? :-)

 
At 8:33 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Freddy, netnou is Dorothy daar, dan kan dit dalk rof raak.

 
At 1:23 PM, Anonymous Anonymous said...

Maklik.

(Ryk) mense vind baat by ekonomiese ongeregtigheid. En selfs nog meer mense en verskeie godsdienstige dogmas vind baat by 'n verwerping van homoseksueles.

As mense by iets baatvind, sal hulle nooit in 'n massahisterie daaroor gaan nie. Veral nie as hulle in die meerderheid / die hef in die hand het nie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za