Saturday, December 30, 2006

Donderdag


Ek het ook die oulikste video van bogenoemde drie wat aan hul ma (probeer) drink, maar ek
kon ongelukkig nog nie uitwerk hoe om video's van die kamera af te laai nie.
(Bogenoemde foto is spesiaal vir Do Kwang - dit moet sekerlik een of ander rekord wees dat iemand in drie posts in 'n ry na hom verwys! Ek blameer die feit dat dit nog net ons en Johan Swarts is wat leef in hierdie hoekie van die blogosfeer. Of is dit dalk sy onweerstaanbare sjarme en algemene eruditeit?)

7 Comments:

At 9:38 PM, Blogger Do Kwang said...

AAaaaaw, dit is hiperspesiaal. Met hulle ou maer beentjies.
Dit is inderdaad slegs ek en jy en JOHAN Swarts wat nog op die blogosfeer bedrywig is. Dink jy ons het die res met ons opinionated persoonlikhede verwilder?

 
At 11:29 PM, Anonymous Anonymous said...

Moenie van Ruzelda vergeet nie.

Dink net hoe heeeeeerlik sal dit wees om ons op julle blogrolls te sit ;)

 
At 10:27 AM, Blogger Freddy said...

Die feit dat ek nie 'n blog het nie, beteken nie ek swerf nie op die blogosfeer rond nie. Sommiges van ons lees graag ander se blogs en los soms kommentaar as ons lus is. Ek weet party like dit nie baie nie, maar nou ja...

... ten minste pluk ek nie bulle se testikels af nie, Do?

 
At 12:56 PM, Blogger maeree said...

do kwang, dankie dat jy my help. my funksie waarmee mens detail waarneem, bestaan nie. regtig. ek het dit laat toets, toe kry ek nul.

 
At 1:00 PM, Blogger maeree said...

freddy, sorry as jy gemarginaliseerd gevoel het.
ek is bly om te sien dat jy weer jou eie blog het, hoewel mens dit nie kan vind as mens op jou naam klik nie. dalk kan jy dit fix?

 
At 10:02 PM, Anonymous Anonymous said...

Gawe klong, daai Johan né?

 
At 10:19 AM, Anonymous Anonymous said...

uiters :p

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za