Friday, December 22, 2006

Bond, Duck Bond

Photobucket - Video and Image Hosting

Ek sal een van die dae weer iets nice sĂȘ, ek belowe. Maar nie nou nie.
Ek is, om verskeie redes, nie 'n James Bond fan nie. Op etlike bloggers se aanbeveling het ek egter my vooroordele in my sak gesteek en Casino Royale gaan kyk.
Ag nee, regtig.
Die feit dat die grootste deel van die fliek bestaan uit poker (yawn) kan ek nog verwerk. Ek het bietjie gesukkel met die trok vol jetfeul - jetfuel! - wat deur 'n bus jaag sodat die bus ontplof (maar nie die jetfuel nie), die trok waarop daar geskiet word sodat die jetfuel in strome daaruit loop... maar nie ontplof nie.
Die hoof van die huis was ontsteld omdat daar geen kaal boobies in die fliek was nie. Gelukkig is daar 'n kaal James Bond. Ongelukkig lyk laasgenoemde soos 'n opgeblaasde balon. Ek ken geen regte vrou in 'n regte verhouding wat dink dis mooi nie. Persoonlik hou ek van 'n sagter, natuurliker lyf. (Ek is bv. mal oor die hoof van die huis se sixpack wat hy my belowe hy het. Hy beweer hy steek dit net weg onder 'n lagie vet.)
Ek wonder of die fliek se proefgehoor nie ook almal gesit en lag het terwyl arme Bond gemartel word nie - soos wat almal in die fliek waar ek was wel gedoen het.
Met al bogenoemde kan ek nog vrede maak.

Photobucket - Video and Image Hosting
"Kwaak Kwaak"

Waarmee ek egter nie kan saamleef nie, wat my die hele fliek lank gegrief het, wat my laat gril en voel ek wil die arme karakter net klap, is daai lippe. Kan iemand asb die persoon wat kollageen inspuitings vir mense se lippe uitgevind het, gaan skop? Dis erger as Keira Knightley! James Bond lyk die hele tyd soos 'n eend. In tonele waar hy veronderstel is om dapper en beslis te lyk, lyk hy asof iemand sy lippe in 'n klamp vasgeskoef het. Wanneer hy hartseer moet lyk, lyk hy soos die bewyse van my ma se dreigement dat jou gesig so gaan bly staan as die horlosie slaan. Wanneer hy sexy moet lyk, lyk hy soos 'n, wel, eend. En eende is nie sexy nie!

4 Comments:

At 2:06 PM, Anonymous Anonymous said...

mooi kerswense en nuwejaarswense!!

Klagat

 
At 11:03 AM, Blogger dorothy said...

you're just jealous. daniel bond (aka duck bill bond) is beautiful. and no, i might not currently be in a relationship and have not actually had sex for a year, but that hasn't influenced my despera- sorry, judgement, in the least.

 
At 10:47 AM, Blogger maeree said...

oops! uitgevang! ek dag dorothy is met vakansie, kan so bietjie agter haar rug vir bond trash...
te oordeel aan hoe die hoof van die huis tekere gaan oor keira knithtley se lippe, sal ek toegee dat daar mense is wat dit aantreklik vind.

 
At 3:54 PM, Anonymous Anonymous said...

DUCK KAN leeft

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za