Tuesday, December 12, 2006

Ek kan die versoeking nie weerstaan...

om nog 'n aanhaling uit Ds. Hannan Viljoen se besondere boek te plaas nie.


KLEREDRAG MY EIE SAAK?

In die lig van die feit dat niemand van ons apart op sy eie aardbol woon nie en daar dus nie 'n geïsoleerde geskeidenheid tussen die twee geslagte bestaan nie, kan geen dame van die standpunt uitgaan dat kleredrag haar eie saak is en dat dit niemand anders om haar raak nie! Wanneer 'n dame ontblotende of prikkelende kleredrag aantrek, is dit 'n besliste struikelblok vir elke normale man of seun - blank of nie blank.

Dié waarheid word bevestig deur die getuienis van 'n swartman wat 'n tyd gelede op ses aanklagte van kriminele aanranding tereg gestaan het. Volgens sy getuienis het die kleredrag van sekere vroue onder meer tot die wandade aanleiding gegee. Tereg het die Prokureur-generaal oor hierdie saak opgemerk dat die samelewing moreel skuldig was aan die misdade wat gepleeg is!

5. Dit Verneder die Vrou

Wanneer die vrou as gevolg van verkeerde kleredrag 'n objek van openbare wellus word, word daarmee ook haar eie vroulikheid verneder. In plaas daarvan dat sy die verhewe, verfynde inspireerder bly wat deur die man geïdealiseer word, word sy goedkoop gemaak, en uiteindelik verloor sy ook die agting, bedagsaamheid en eerbied wat die verhewe vrou waardig is.

Ek gaan nou ophou, voordat ek begin vloek.

3 Comments:

At 1:55 PM, Anonymous Anonymous said...

"die verhewe, verfynde inspireerder...wat deur die man geïdealiseer word"?

jig...

 
At 7:05 PM, Anonymous Anonymous said...

Hey...dis presies wat ek wou sê, Johan. Dit klink amper soos 'n Afrikaanse klas aangaande Brink, dink jy nie?

"...(D)ie agting, bedagsaamheid en eerbied wat die verhewe vrou waardig is" lei my daartoe om myself te verpoos aan luidkeelse burpery (of is ek eintlik besig om op te gooi?).

 
At 1:37 AM, Anonymous Anonymous said...

burp is heilsaam, maar ek reken jy gooi op.

(brink, ja...)

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za