Wednesday, November 29, 2006

Ek is reg en die res is verkeerd.

Ek dink die hele gesprek "godsdiens vs wetenskap" is so laas millennium.

Dit was 'n relevante gesprek tydens die verligting in die 19de eeu (m.a.w. in die 1800's). Nou is dit egter die speelveld van diegene wat verknog is aan rasionaliteite wat kenmerkend was van die vorige eeu.

'n Vriend beweer ek is onredelik. Elke keer wat iemand vir die eerste keer met inligting oor godsdiens vs wetenskap gekonfronteer word, is dit vir hulle nuut. Gevolglik sal die gesprek aanmekaar van voor af gevoer word.

Ek dink nie so nie. Ek dink ons verstaan van realiteit en waarheid het so verander dat ons sulke inligting in ons stride vat. Godsdiens is nie wetenskap nie, wetenskap is nie alles nie en waarheid is nie een nie.

7 Comments:

At 1:13 PM, Anonymous Anonymous said...

amen.

(no pun intended.)

 
At 1:44 PM, Blogger Adam said...

Ek stem saam met maksideem.

 
At 3:52 PM, Anonymous Anonymous said...

DANKIE MAEREE!!!!

Iemand met insig!!!

Kom ons beweeg asb spoedig aan.

Klagat

 
At 4:19 PM, Blogger Freddy said...

Maar is dit nie deesdae nog moeiliker om die twee "apart" te hou nie? (Praat nie van Christian Science wat nie Christian of Science is nie)

Het ons nie steeds 'n modernistiese aanslag as ons elkeen in sy eie vakkie wil hou nie?

Wat dan van Wentzel v Huyssteen se nuwe boek?

En verder: Neem bv die hele gay-"kwessie": Party vee hulle alies af aan wetenskap wat oorsake vir homoseksualiteit voorsien. Ek dink dis of naief om te se^ die 2 het niks met mekaar uit te waai nie, of ontkenning. Dan bly sommiges gil: "Skepping in 6 dae van 24 uur elk", en ander: "Shut Up, no God at all".

Dit raak nou nie juis die onderwerp hier nie, maar ek het vanjaar iets gesnap: Ferdinand Deist het jare terug al n boek geskryf: Rewolusie en reinterpretasie. Dis teologiese ou nuus. Ons is nou daarby verby. Maar die gewone deursnee lidmaat word nou eintlik eers daarmee gekonfronteer, in bv, jammer, hiers hy weer: homoseksuele debat.

En volgende vraag: Wetenskap hou aan ontwikkel. Ek dink nie die debat gaan ophou nie, dit gaan net nuwe momentum kry elke keer. Is nou al eeue lank so, in elk geval vandat die Prediker kon protesteer omdat wat hy sien en wat hy glo nie altyd match nie en hy kritiese vrae gevra het.

>sug< Dankie tog ek is nie nou op kletskerk nie.

 
At 10:46 AM, Blogger Do Kwang said...

Ek stem oorwegend met Maeree saam maar ook nie heeltemal nie. Ek dink teoloe is soms oorhaastig om te se^: "Wel ons leef in 'n postmoderne tyd so rasionaliteite is iets van die vorige eeu." Hulle se^ dit veral elke keer as iemand hulle in 'n rasionele debat in 'n hoek vasgestry het en hulle nie meer weet hoe vorentoe nie. (Nie dat ek jou daarvan beskuldig nie, maar baie ander mense doen dit wel.)
Die wetenskap en godsdiens kan wel 'n vrugbare gesprek met mekaar voer, so lank albei net onthou dat hulle aanvullend tot mekaar is, maar dat hulle nie reguit oor dieselfde aansprake se geldigheid stry nie (hulle is verskillende taalspeletjies sal filosowe se^).
Maar soos Freddie tereg opmerk (as ek hom reg verstaan) - irrasionale godsdiens is soms 'n gevaarlike ding.

 
At 11:15 AM, Blogger maeree said...

maksideem, adam - my point exactly

freddy, ek stem saam. ek dink wat ek probeer sê is dat dit twee verskillende goed is, maar nie noodwendig aparte goed nie. dit gee vir ons verskillende perspektiewe op dieselfde ding en dis okay - selfs al is dit twee teenoorgestelde perspektiewe. nie godsdiens of wetenskap weet alles nie.

oor deist se boek: dis soos die hele jesus seminaar, wat eintlik lank gelede al gestig is en uitgefizzle het, maar eers 'n jaar of wat gelede deur die sogenaamde "nuwe hervorming" onder die algemene publiek se aandag gekom het.

ja, gelukkig is jy nie nou op kletskerk nie. ons is baie meer tolerant, ag ek bedoel verdraagsaam, hier.

do kwang - goeie punt, goed gestel. ek stem met jou ook saam.

 
At 2:10 PM, Blogger maeree said...

blykbaar het einstein gesê "religion without science is blind. science without religion is lame."

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za