Friday, November 24, 2006

Die Waarheid

Dorothy vra, ons reageer. En ek gaan eerlik wees, want ek is wragtag nie skaam nie.



In my handsak is:
  • 2 x wit pilletjies van onbekende oorsprong
  • huis- & karsleutels (met een sleutel wat ek nie kan onthou wat dit oopsluit nie)
  • lekkergoedpapiertjie met die woorde "marry for friendship not for love"
  • haarknippie
  • R1,30 se kleingeld
  • skoenlappertjie aan 'n kraletjie wat van 'n armband afgebreek het
  • iPod shuffle
  • band waarmee mens selfoon om jou nek hang (tragiese goed daardie)
  • beursie (waarvan die inhoud 'n post op sy eie verg)
  • 'n sakkie Cafe Latte poeier vir noodgevalle
  • 2006 kalender
  • 2007 kalender
  • dagbeplanner (waarvan die inhoud 'n post op sy eie verg)
  • selfoon
  • kantoorsleutels (4 sleutels van onbekende oorsprong)
  • handspieëltjie
  • 'n pakkie papiertjies wat seep word as dit nat word
  • tampon (waarvoor weet ek nie. Ek het dit jare laas benodig.)
  • Clinique stay-matte oil-blotting sheets
  • deodorant
  • Advil
  • Homeopatiese hooikoors pilletjies
  • Homeopatiese hoofpyn stafie
  • naelfyl
  • tissues (ook bekend as sneesdoekies)
  • pleister
  • 2x pantyliners
  • nog 'n handspieëltjie
  • consealer
  • klein botteltjie Cartier déclaration parfuum
  • klein botteltjie Chanel Chance
  • haarrekkie
  • Justine Tissue Oil Lip Therapy (in Plum)
  • Maybelinge 3 in 1 Express Makeup
  • pen
  • kamera

9 van bogenoemde items gebruik ek gereeld.

Die kamera se batterye is pap. Moenie bekommerd wees nie, Lily kom nog!

15 Comments:

At 3:31 PM, Blogger dorothy said...

i'm surprised at how much pleasure i'm getting from reading about the contents of people's bags!
your list is truly breathtaking! i never knew you could fit so much into a little bag! i am in awe.

 
At 3:32 PM, Blogger dorothy said...

oh yes, and hurry it up with lily dammit.

 
At 1:47 AM, Blogger arcadia said...

dit is 'n baie cool handsak.

 
At 9:02 AM, Blogger Lammervanger said...

Liewe hemel

 
At 9:47 PM, Blogger Freddy said...

Deja Vu

 
At 6:51 AM, Blogger Lammervanger said...

Waarvoor het jy die kamera se batterye gebruik?

 
At 10:20 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Gister het vriende kom kuier, en hulle het 'n hele vrag goed saamgebring (hulle het 'n 1-jarige dogtertjie). Die man sê toe as hulle op vakansie gaan hoef hy nie versekering te hê op sy huis se inhoud nie, want hulle vat alles saam.

Klink soos jou handsak.

 
At 9:09 PM, Blogger Freddy said...

Al wat jou handsak kort, is 'n modem of iets dergeliks. Jinne, nee, dis nou al maandagaand 10:00 en jyt noggie ge-update nie?

Beskou hierdie as 'n amptelike protes.

Aan die ander kant, dalk kry jy net die angles reg en dan is geduld seker NB.

 
At 7:48 AM, Blogger Pienk Zuit said...

freddy, jy klink vreeslik opgewonde en ongeduldig oor die foto. Is dot omdat jy beplan om vir jou vrou ook een vir Kersfees te kry?

 
At 8:31 AM, Blogger Freddy said...

Nevermind kersfees...een vd dae huweliksherdenking. Maar my vrou hou van koningsproteas. :-)

 
At 7:08 PM, Blogger dorothy said...

freddy - proteas are incredibly sensual flowers - just stick one of your fingers directly down the middle of one. slowly. just lovely.
so a lily, a king protea, tomato, potato...

 
At 12:18 PM, Blogger Do Kwang said...

Ek wil ook weet waarvoor jy jou kamera se batterye so baie gebruik het dat hulle pap geraak het.

 
At 12:24 PM, Blogger maeree said...

*sug*
ek het die kamera se batterye gebruik om foto's te neem.
waarvoor anders?

 
At 9:30 AM, Anonymous Anonymous said...

Ek het nog nie na jou profiel gekyk nie. Ek neem dus aan jy is 'n vrou.

 
At 9:38 AM, Blogger maeree said...

fluisterstem - wat het dit weggegee? die tampon?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za