Tuesday, November 21, 2006

Loot

Wat ek vir my verjaardag gekry het:
  • Blomme (by my personeel)
  • Sjokolade (by my sekretaresse)
  • Boek: "Tsotsi Evangelie" (by my ouers)
  • Gjeld (by my grootouers - nie veel nie though, hulle is bietjie agter met inflasie)
  • Koekvurkies (vriendin)
  • Juweliersware (ander vriendin)
  • Perfumed Drawer Liners (kollega se vrou)
  • Carcassonne Traders & Builders Expansion Pack (by die hoof van die huis)
  • Mini Mile High Kit (don't ask)
  • LILY! (by die hoof van die huis)

7 Comments:

At 3:10 PM, Blogger arcadia said...

koekvurkies? hoekom gee vrouens dikwels vir ander vrouens sulke dom geskenke? ek onthou nog die depressing laerskool-dae waar die enigste presente wat jy by ander dogtertjies gekry het invariably kerse, skryfpapier of badgoed was. en party verjaardae word ek wakker en maak my presente oop en besef - nie veel het verander nie. (kry nie meer soveel skryfpapier nie, though. dit moes seker 'n fad gewees het).

kan nie glo jy't toe die LILY gekry nie! lol. laat weet tog of dit die moeite werd is...

 
At 3:42 PM, Blogger dorothy said...

OH I AM SO JEALOUS!!! arcadia's right - you HAVE to give crit about its effectiveness.

 
At 11:42 PM, Blogger Lammervanger said...

Wat is alles in die mini Mile high kit? Ek het nie 'n kit nodig gehad nie...

 
At 6:39 AM, Blogger Freddy said...

Sjoe, jy is seker bly oor al die blomme...!

 
At 8:31 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Ek voel altyd so sleg as my ouma vir my geld gee as 'n geskenk. Sy is nou die werklose een en ek die een met werk, dit meot mos nou andersom wees.

 
At 9:35 AM, Blogger maeree said...

arcadia, jy't my uitgevang *bloos* die hoof van die huis is lief daarvoor om sulke fancy dinnerparties te gooi. dan eet ons die bloukaasmousse en groenvye wat hy gemaak het met my plastiek teelepels. so, ek het gevra vir die koekvurkies.

lammervanger, kliek op die link.
wow, regtig? ek het nog altyd gedink dis onmoontlik. (dalk omdat die hoof van die huis 2 meter lank is en 120kg weeg.)

dorothy, arcadia - ek oorweeg nog Die Lyn, maar sal waarskynlik eersdaags kommentaar lewer.

freddy, ja, dankie, ek is.

pienk zuit - nee wat. hulle't baaaaie geld en my oupa is vreeslik stingy.

 
At 9:00 PM, Blogger Do Kwang said...

Tsotsi-evangelie is 'n baie mooi boek, ek besit dit ook. Dit het ook mooi prentjies.
Weereens: Vertel asseblief vir ons wat is die voor- en nadele van beta en of jy dit sal aanbeveel?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za