Thursday, November 23, 2006

Blogger Beta

Do Kwang wil graag weet van Blogger Beta.
Ek het nog nie 'n indiepte studie gedoen nie. Al wat ek kan gee, is 'n oorsig van my eerste ervarings:
  • wanneer mens die kommentaar op 'n blogger beta blog oopmaak, kom daar 'n venstertjie wat s^e dit bevat secure en nonsecure items en wil jy albei sien. teen die tyd wat ek "ja" gekliek het, het ek al vergeet waarmee ek besig was.
  • ek moet in log elke keer wat ek kommentaar op iemand se blog wil los.
  • my Blogger ID is geskuif na my Google ID. Huh? Ek weet ook nie. So, ek tik username en password in, maar nee, dis verkeerde ID.
  • wanneer die ID uiteindelik aanvaar word, is die kommentaar wat ek neeeeetnou gelos het, weg.
  • www dot blogger dot com werk ook nie meer nie. Nou moet ek na 'n ander site gaan, waarvan ek die naam aanmekaar vergeet. Die bladsy waar ek arriveer, is tans nog vir my verwarrend en irriterend. Dit maak seker meer sin as die vorige een, maar ek het regtig nog nie tyd/lus/krag gehad om dit te probeer uitfigure nie.

Enige skuif na enige iets nuuts is altyd effens irriterend, aangesien jy moet gewoond raak aan nuwe knoppies op nuwe plekke. Is hierdie skuif die moeite werd? Aangesien ek per ongeluk geskuif het, kan ek nog nie s^e nie. Tans irriteer dit my net. Dalk kan Pienk Zuit vertel van sy ervaringe?

Dis my bydrae vir hierdie week tot die welstand van die mensdom.

1 Comments:

At 7:51 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Jou bostaande lys is die defnitief die grootste irritasies. Ek het geskuif omdat ek gehoop het dit maak irriterende goed soos fotos oplaai reg, maar toe nie. Ek het gaan kyk na wordpress.com en oorweeg dit om soontoe te skuif. Dit lyk heelwat beter as blogger, en hulle kan selfs jou blogger blog import sodat jy niks verloor nie (behalwe dat die import nie werk as jy op blogger beta is nie!).

Ek het nou al gewoond geraak aan die blogger beta irritasies, maar as dit nie vinnig beter raak nie sal ek dalk skuif.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za