Friday, December 08, 2006

Bybelantwoorde op Kwelvrae

Geïnspireer deur ruzelda, gaan grawe ek 'n ou boek uit wat ek jare gelede by my oom gekry het:
"Die Christen en...
verhoudingslewe
kleredrag
dans
lotery
liefdeslewe
drank
trompoppies
sondag
rook
skoonheidswedstryde
redding
voljarding
?"
deur Ds. Hanan Viljoen.

Voor in die boek is die volgende handige riglyne ingeplak:

"WENKE VIR DIE VOORLEES VAN ONDERWERPE BY VERGADERINGS

By die voorlees van hoofstukke vir 'n vergadering, is die volgende noodsaaklik:

Die persoon wat die voorleseing doen, moet vooraf die betrokke hoofstuk noukeurig deurlees. Om dit hardop te doen en op dié wyse die voordrag te oefen, sal die beste resultaat lewer. Alleen as die voorlesing dinamies, duidelik en met die nodige 'ingestudeerde' begrip gedoen word, kan dit tref. Daar moet veral teen gewaak word om te vinnig of te sag te lees.

Om alle Skrifverwysings in die vergadering te lees, kan die vloei van die voorlesing belemmer. Daar moet dus tydens die voorbereiding met diskresie besluit word watter tekse gelees gaan word. Om papiermerkies met die bepaalde teks daarop geskrywe by die betrokke Skriftuurplase in te sit, werk die maklikste en vinnigste.

Om vooraf te volhard in die gebed vir elke voorlesing, is aboluut belangrik. Alleen die Gees van God kan die waarheid bevestig en harte beweeg.

Groete in Christus,
Ds. Hanan Viljoen, Bus 142
Baberton"

Dan is ons gereed om na die inhoudsopgawe te blaai (ek lig slegs enkele hoogtepunte uit 'n magdom opskrifte uit):

HOOFSTUK 2. DIE CHRISTEN EN SY KLEREDRAG
Vanwaar die ontblotingsneiging?
Mag die Christenvrou ook modern wees?
En wat van die langbroek?
Rok altyd verkieslik.
Wat van sportdrag?
Klein dogtertjies.
Die onnetheidskultus.

HOOFSTUK 3. DIE CHIRSTEN [sic] JONGMENS EN SY VERHOUDINGSLEWE
Wat van liefkosing?
Wanneer is liefkosing dan geoorloof?
Verdere opmerkings oor liefkosing.
Waarom gaan jongmense te ver in hul liefkosing?
Wees nog eens gewaarsku!

HOOFSTUK 4. DIE CHRISTEN EN DANS
Ons beskou die dans van naderby.
'n Studiekommissie word aangestel.
Die vrug van dans.
Die speler in die dansorkes.
Matreik-Afskeidsfunksies.
Dans nie noodsaaklik vir 'n gelukkige jong lewe.
Waarom sommige die verkeerdheid van dans nie kan insien nie.

HOOFSTUK 5. DIE CHRISTEN EN DIE ROOKGEWOONTE
Kan filters help?
Die rookgewoonte en die vrou.

HOOFSTUK 8. DIE CHRISTENMEISIE EN TROMPOPPIES
Trompoppies as 'n struikelblok.
Die vrou verneder.
Die eer van ons dogters op die spel.

HOOFSTUK 9. DIE CHRISTENMEISIE EN SKOONHEIDSWEDSTRYDE
Onbehoorlike kleding.
Oorsaak van struikeling.
Skaamtegevoel afgebreek.
Verdere negatiewe invloed op deelneemsters.

As jy tot hier gelees het, baie geluk.
Indien enige van my jong lesers verdere inligting verlang oor enige van bogenoemde onderwerpe (of enigeiets anders wat Ds. Hanan Viljoen moontlik aangeraak het, maar wat ek nie genoem het nie), kan hulle net vra. Ek bedien u graag met Ds. Hanan Viljoen se helder en duidelike antwoord.

Ek sluit af met 'n aanhaling (nie van Ds. Hanan Viljoen nie):
"The church is not in the morals business. The world is in the morals business... What the world cannot get right, however, is the forgiveness business - and that, of course, is the church's real job. She is in the world to deal with the things which the world can't turn off or escape from. She is not in the business of telling the world what's right and wrong so that it can do good and avoid evil. She is in the business of offering, to a world which knows all about that tiresome subject, forgiveness for its chronic unwillingness to take its own advice. But the minute she even hints that morals, and not forgiveness, is the name of her game, she instantly corrupts the Gospel and runs headlong into blatant nonsense."

7 Comments:

At 6:07 PM, Blogger arcadia said...

ons is op dieselfde bladsy, maeree.

(maar ek het altyd geweet trompoppies is boos)

 
At 8:34 PM, Anonymous Anonymous said...

Jy is reg, Maeree, dis voorwaar juwele hierdie. En, soos meeste ander juweeltjies, is hierdie's ook bloot dekoratief en geensins funksioneel nie. Dis wat dit so charming maak.

My mondhoeke is nou behoorlik geperm, dankie.

 
At 5:56 AM, Blogger Lammervanger said...

My liewe f... amper raak ek 'n onnodige stuitigheid kwyt. Ek het 'n boek gehad waarin elke liewe popgroep van die tyd ontleed was en die Duiwel duidelik uitgewys was. Soos byvoorbeeld as mens Paula Abdul agteruit luister en jou tapespeler op kwartspoed sit terwyl jy perskemampoer snuif, kan mens duidelik hoor "buy grog kids". Dit kon miskien "braai nog iets" gewees het...die tape het 'n bietjie getrek.

Die ontblotingsneigings is wat my laat vassit het met die kerk.

 
At 7:26 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Is trompopies en dans erger as rook? En met 'n filter?

 
At 9:06 AM, Blogger Adam said...

Ha! Uitgevang! Jy weet meer van teologie as wat jy wil voorgee!

Daai boek klink scary. Hoe oud is dit? Leef die stomme man nog?

Ek stem saam met Arcadia: saam met jou.

Wat het jou laat besluit dat die amp nie vir jou is nie?

 
At 9:31 AM, Blogger dorothy said...

what a gem! this will amuse me the whole day.

 
At 10:48 AM, Blogger Pienk Zuit said...

Help my uit hier! Ek gaan die vakansie naby George vakansie hou, en met De Dekke se versoekings wat elke aand gaan roep moet ek weet watter een van rook, dans of trompopies die ergste is. Ek sal nog trompoppies kan vermy as ek hard probeer, maar rook en dans gaan moeilik wees.

Moet ek dan maar eerder by die huis bly?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za