Thursday, February 22, 2007

Voorneme

Ek gaan voortaan probeer om nie skuldig te voel oor goed wat ander mense my aandoen nie. Dis dieselfde siek sindroom wat veroorsaak dat mense wat verkragting oorleef, dink dit was op 'n manier hulle skuld. Of hoekom mishandelde vroue dink hulle verdien dit.
Vandag begin my bevryding. As ek gedoen het wat ek moes en wat ek kan, gaan ek nié skuldig voel oor ander se verwagtings nie. Ek gaan nie die leuens wat ander vir my oor my vertel, glo nie. Ek mag mishandel word, maar ek is waaragtig nie 'n slagoffer nie.

6 Comments:

At 8:57 PM, Blogger Freddy said...

Nee, jy jok!! Ek WEET jy is in dieselfde tydsone as ek. Dis nou amper tienuur Woensdagaand 21 Februarie en jou blogpost wys Donderdag 22 Feb. Jy is 'n vreeslike mens. (En toe, hoe voel jy nog?)

 
At 7:02 AM, Blogger Lammervanger said...

Wie mishandel jou sodat ons hulle kan gaan bliksem.

 
At 8:41 AM, Blogger BatCat81 said...

Water van 'n eend se rug. Net jammer eks nie 'n eend nie, so ek moet 'n doelbewuste besluit neem om nie geraak te word deur mense se simpelgeit nie. Dis moeilik maeree.

 
At 8:42 AM, Blogger Adam said...

Jay! Good for you girl!

Het jy al die boek "The Four Agreements" deur Ruiz gelees? Doen jouself die guns. En laat weet my wat jy dink...

 
At 11:06 AM, Blogger maeree said...

freddy - my blog, my reëls. ek hou van orde. so wê.

lammervanger - te laat.

batcat - inderdaad

adam - sal kyk of ek dit in die hande kry

 
At 9:57 AM, Anonymous Anonymous said...

Die groot vraag in hierdie situasies is altyd: is die persoon (wat iets kwytgeraak het) enigsins belangrik in jou lewe?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za