Sunday, February 11, 2007

So wê!

Die dominee het vandag gepreek oor Jesaja 6 en verwys na die serafs wat hul voete bedek. Voete, sê hy, is 'n metafoor vir geslagsdele.
Hah!
Ek wen en almal wat Rut se "reinheid" wou beskerm, verloor.

9 Comments:

At 10:07 PM, Anonymous Anonymous said...

bahahaha

my pa het my 'n soortgelyke ding vertel oor die deel waar jakob met god stoei. die oorspronklike hebreeus sê glo god het hom aan die geslagsdeel gegryp, nie heup nie.

 
At 7:37 AM, Blogger Freddy said...

Ek het oor Absalom en Dawid gepreek, en liewer nie vertel hoekom vind ek Absalom se beskrywing so snaaks nie: "In die hele Israel was daar niemand so mooi soos Absalom nie. Die mense het oral daaroor gepraat. Van kop tot tone het hy nie 'n enkele gebrek gehad nie" - 2 Sam 14:25

 
At 9:19 AM, Blogger Do Kwang said...

Seraf is meisies

 
At 12:58 PM, Blogger Do Kwang said...

Wat vir my erg interessant is, is die feit dat prof. Johan Cook gister in sy kerk op Stellenbosch gepreek het oor Jesaja 6 en toe gemention het dat die serafs in die teenwoordigheid van God hul voete met vlerke bedek, vanwee die assosiasie tussen voete en geslagsdele.
So daar was of iets op die kerkkalender daaroor, of Maeree het weer op Stellenbosch rondgesluip.

 
At 1:31 PM, Blogger Freddy said...

Ek vermoed dit was leesrooster-teks.

 
At 2:35 PM, Blogger maeree said...

johan, was dit nie dalk moses nie? die engel wou vir moses doodmaak, toe sny sy vrou haar seun se voorhuid af en raak daarmee aan moses se voete - 'n simboliese besnydenis, aangesien moses nie besny was nie.

freddy, dink net watter wonderlike geleentheid het jy gehad om nonsens te praat oor homoseksualiteit!

do kwang, jy ken mos hebreeus... serafs is presies dieselfde woord wat ook vir slange gebruik word (gaan kyk bv na moses en die slange).
lees ek reg, was jy gister in 'n ng kerk?
alle kerke oor die wêreld wat die rcl gebruik, het gister na o.a. jesaja 6 geluister.
ek sluip nie. en het ook geen mail van jou af ontvang nie.

 
At 8:57 PM, Anonymous Anonymous said...

Die mail was om jou van my wordpress-adres in te lig, maar ek sien jy het dit gekry.
Jy moet sluip, dis die beste!
Wat is die rcl?

 
At 8:59 AM, Blogger maeree said...

o. ja, daai mail het ek gekry.
RCL = Revised Common Lectionary = Leesrooster

 
At 9:33 AM, Blogger Adam said...

Is die RCL vir predikante wat nie op hul eie aan temas kan dink nie?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za