Wednesday, February 14, 2007

Gelukkige Valentynsdag


Ek is 'n gróót aanhanger van romantiese liefde. Ek is trots op die feit dat ek en die hoof van die huis siniese mense met een oogopslag kan laat kots.
Dis ook die rede waarom ek dink PostSecrets soos die een hierbo is tragies. Mense kan mekaar nie fix nie. As jy verwag dat jou partner jou moet fix, gaan jou verhouding(s) jou net ongelukkig maak. Die geheim van 'n gelukkige verhouding, dink ek, is juis dat beide partye rééds gefix is, dat hulle nie nodig het om mekaar se sielkundiges/dokters te wees nie.
(Dankie aan die TWEE persone wat 'n donasie gemaak het tot die Koop-vir-Maeree-'n-nuwe-kamera Fonds.)

2 Comments:

At 4:29 PM, Anonymous Anonymous said...

plesier

 
At 7:36 AM, Blogger BatCat81 said...

Gisteraand het 'n ou sy meisie gebliksem en geskop op die grond buite my eenheid in die kompleks waar ek bly. Sy is ok. Hy is 'n poepol. Die polisie het nooit opgedaag nie. En valentynsdag is overrated.

My hart is stukkend vir haar soos daai prentjie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za