Tuesday, February 20, 2007

Ek het dit vantevore gesê, ek sê dit weer

Is ek al mens op hierdie aarde wie se ma haar geleer het om mense nie voor 9:00 in die oggend te bel nie?

Ek meen, watter beskaafde mens bel 'n ander beskaafde mens 6:40 IN DIE OGGEND en vra "kan ons asb daai wynrooi kussings leen"? Dit is twintig voor sewe in die oggend!

Voortaan gaan ek my selfoon afsit. Geeneen van die oproepe wat ek al ooit op onbeskaafde tye ontvang het, was 'n noodgeval nie. Selfs die oproep om 6:00 (in die oggend) op nuwejaarsdag 2001 was nie 'n noodgeval nie. As jou vrou jou drie dae terug gelos het, kan jy gerus nog drie ure wag. Of nog ses, synde dat die vorige aand oujaarsaand was.

6 Comments:

At 1:35 PM, Anonymous Anonymous said...

Nee, jy's nie al nie. My ouma het my gisteraan al gebel om geluk te sê met my verjaardag, omdat sy nie vanoggend te vroeg wou bel nie, en gedink het sy sal my nie vanaand in die hande kry nie.

 
At 2:34 PM, Blogger Adam said...

Geluk P.Z.

Ek stem met jou saam Maeree. Daar is egter uitsonderings:
1. Jou verjaarsdag.
2. As jou boeties of sussies onderwysers is en jy hulle (of hulle jou) nie na 7:30 in die hande gaan kan kry nie.

Sulke vroeë oproepe gebeur gelukkig selde tot nooit met my...

 
At 5:03 PM, Blogger BatCat81 said...

Julle is almal reg. selfoon maak dit te maklik vir ander mense om in te dring in jou lewe. Sit die ding af wanneer jy nie gepla wil wees nie. Voicemail is lieflik. En adam... jy ken my. Jou tweede voorletter is J.

 
At 8:04 PM, Anonymous Anonymous said...

Ek sit altyd die selfoon af as ek nie gepla wil word nie, selfs as ek toilet toe gaan. Die foon is daar om jou lewe gemakliker te maak, nie moeiliker nie. As mense jou om enige tyd voor 9 uur bel, is dit gepas om aanhoudend te gaan en 'n groot scene te maak oor hoe jy jammer is jy klink so onkoherent, maar jy "was nog eintlik aan die slaap".

 
At 7:49 AM, Blogger maeree said...

adam, dis presies my probleem daai punt 2. as jy mense nie na 7:30 in die hande kan kry nie (of hulle jou), dan bel jy hulle die vorige aand voor 9.

ek stem saam oor die selfoon afsit - dis mos nou my nuwe voorneme. maar wat as jy 'n dokter of sielkundige of kliniese maatskaplike werker is?

 
At 9:07 AM, Blogger Adam said...

Ek werk mos vir 'n sielkundige... Haar foon is heeltyd aan. Sy maak egter soms die keuse om dit nie te antwoord as dit lui nie...

Dokters is 'n ander storie, want jy is op roep of jy is nie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za