Friday, February 23, 2007

Ek kan my oë nie afhaal nie


Die hoof van die huis het 'n nuwe bril gekry. Baie sexy. (Ongelukkig kan ek nie 'n foto plaas nie, aangesien nog net twee mense 'n bydrae gemaak het tot die Koop-vir-Maeree-'n-nuwe-kamera Fonds.)

Wat bietjie afbreek doen aan sy nuwe sexy look, is sy nuwe gewoonte om aanhoudend te sê: "Ek is soos die Son: Ek Sien Alles."

Sug. So word ek gefolter.

4 Comments:

At 8:59 PM, Blogger Freddy said...

Die oplossing is maklik. Herinner hom daaraan dat die Son ook twee groot kaal vroueborste het.

 
At 6:51 AM, Blogger BatCat81 said...

Die ding is: Maak nie saak wat 'n man se nie, die oomblik as daar 'n brand-name bril (Myne is CK) op sy gesig is, effense baard, hare semi-bop... dan kan jou lifi maar sug soos sy wil, sy kan jou nie weerstaan nie. Ek bieg. Ek kan eintlik baie goed sien.

 
At 7:32 AM, Anonymous Anonymous said...

Dis eintlik 3. Trevor het Woensdag ook 'n bydrae gemaak.

As ek saterdag 'n nuwe kamera vir my verjaardag kry , kan jy my oue kry. Maar ek dink die kans is maar skraal, aangesien ek geskimp het vir gholfstokke.

 
At 8:58 AM, Blogger maeree said...

freddy, dink jy regtig dit gaan hom ontmoedig?

batcat, die hoof van die huis is bles. maar baie, baie sexy.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za