Friday, September 29, 2006

Gift to self


Al wat ek nou kort, is 'n paar geeky vriende om saam te speel.

Thursday, September 28, 2006

Slaggat Sentraal

Wednesday, September 27, 2006

Idees wat ek in die fliek gekry het vir roleplaying games (nie die D&D variasie nie)

My Super Girlfriend/Boyfriend
(Ons maak beurte: ek is G-girl en die hoof van die huis is daai ou van die Fantastic Four wat so kan rek)
Enige vampier fliek
Nacho Libre - of enige stoei fliek
How to eat worms

(Enige verdere voorstelle welkom. Ek onderneem om geen terugvoer te gee oor hoe dit gewerk het nie.)

Friday, September 22, 2006

Piepie in jou broek


Japanese rillers freak my uit.

Thursday, September 21, 2006

Die mooiste klanke

Umgungundlovu

Daar's 'n ewige rintinkel
in die ou slamaaier winkel

(ek weet nie hoe om dit te spel en of dit polities korrek is nie, maar die klanke is mooi)

Sunday, September 17, 2006

Koebaai Stefan


Toe jy nog 'n langhaar tokkelok was, het ons rondom hopeloos te veel rooiwyn en bier gefilosofeer oor Hooglied en hoe die kerk en ons land kan wees.
Nou gaan jy dit nie saam met ons sien waar word nie.
Sorry Stefan.

Friday, September 15, 2006

Uitstedig II

Kyk of ons 'n pad Wes-Kaap toe kan vind wat nie weggespoel het nie.

Wednesday, September 13, 2006

Raar maar waar


Maak jou dag, besoek Wing se website en luister na haar weergawe van jou gunsteling kunstenaar... jy kan kies tussen Abba, Elvis, AC/DC, The Carpenters, Andrew Loyd Webber en andere.

Tuesday, September 12, 2006

Ontboeseming

Koos Kombuis sê dat die Afrikaans vir "blog" blieg is - iets tussen bieg en lieg. Nou gaan ek ook toon hoekom anonimiteit vir my so belangrik is.

Dit wil vir my voorkom dat twee vrouens wat met mekaar seks het, ‘n redelik algemene heteroseksuele manlike fantasie is. Hoewel ek persoonlik dink dat dit effens pateties is (soos alle fantasieë uiteindelik tog maar is), het ek nog altyd gewonder hoe lesbiërs oor hierdie fantasie voel. Ek kan my indink dat, as ek ‘n lesbiër was, ek erg sou aanstoot neem. (My gay vriendinne is biseksueel, so ek dink nie hulle opinie hieroor tel regtig as dié van ‘n lesbiër nie. Beteken dit ek diskrimineer? Hoop nie so nie.)

Ekself is ongetwyfeld heteroseksueel. Ek hou nogal van die gedagte dat seksualiteit ‘n sosiale konstruk is en dat die boksies (kassies, haha) homoseksueel, biseksueel, transgendered en heteroseksueel maar net enkele van duisende punte op die lyn is. Maar ek weet ook dat ek nie gekies het om heteroseksueel te wees nie en dat ek nie kan kies om enigiets anders te wees nie. Sosiale konstruk of nie, ek hou van mans. Ek vind die idee van twee vroue geensins afstootlik nie, maar ek vind dit ook nie sexy nie.

So begin ek myself al meer vang dat... uhm... die idee van twee mans... uhm... vir my nogal sexy is. Uhm. Dit beteken nie dat ek wil saamspeel nie. (Wel, nie as hulle albei homoseksueel is nie.) Nou wonder ek... is dit ‘n belediging teenoor homoseksuele mans dat ek so voel? Objektiveer dit hul seksualiteit? Maak dit van gay seks net nog ‘n heteroseksuele fantasie wat dan noodwendig homoseksualiteit marginaliseer? Is dit ‘n manier waarop heteroseksuele mense homoseksuele seks vir hulleself “normaliseer”? As dit so is dat dit homoseksuele seks vir heteroseksueles normaliseer, is dit noodwendig verkeerd? Word heteroseksuele seks daardeur wéér as die standaard in die middel geplaas? En kan ek bepaal wat vir my sexy is en wat nie – kan ek, sou hierdie gevoel aanstoot gee, dit afskakel? (Het nog nie die moed gehad om my gay mansvriende hieroor te vra nie.)

Friday, September 08, 2006

My Nominasie


Volgens Yahoo! Movies is Gigli die swakste fliek van alle tye. Ek wil graag hierdie een nomineer. (Ek bieg, ek het meeste van die fliek op fast forward gekyk.)

"In order to be accepted by BATS, the most elite [meisies wat heeltyd sonbrille dra en verveeld lyk] (and deadly [and horny]) sorority on campus, Christine will have to demonstrate more than just school spirit [sy sal 'n voorkeur vir verskeie avontuurlistige -sic- biseksuele aktiwiteite moet toon]. While Christine begins the pledge process [deur almal in die sorority te doen] with the good intentions of putting an end to this wicked institution [yeah right], her strength of character is put to the ultimate test as her new sisters try to win her over with their menacing powers [lees: deur voor haar seks te hê met mekaar. Moenie worry nie, sy's sterk. Sy reageer deur met haarself te speel]. Will the guidance of her abnormal psychology professor (Barbara Crampton of RE-ANIMATOR) be enough to save Christine, or will the witchcraft [girl on girl aksie], torture [sy mag nie aan die girl on girl aksie deelneem nie], and mind control tactics [2 meisies + 2 ouens] used by the sorority sorceresses deliver her to the same fate [ewige verdoemenis tot B movies] as the countless naive freshmen before her?"

Ek besef dat bogenoemde beskrywing baie lesers eerder sal aanmoedig as ontmoedig. Maar asb, aanvaar my waarskuwing. Ek het geen probleem met homoseksualiteit, masturbasie of biseksualiteit nie, maar ek het 'n groot probleme met sulke twak.

Note to self

Sodat ek dit nie aanmekaar in Do KwaNG!!!! se argiewe hoef te gaan opgrawe nie.

Om 'n link in 'n comment te sit gebruik jy die volgende kode:
< a spasie ha er e ef="ha tee tee pee ens pienkzuit.blogspot.com" >Hierdie teks gaan gelink word< geen spasie / geen spasie a >

Dit lyk dan as volg:
Hierdie teks gaan gelink word
en as jy op die link click sal jy na http://pienkzuit.blogspot.com toe gaan .

Met dank aan PienkZuit.

Thursday, September 07, 2006

Teleurstelling

Dit is met ontsettende teleurstelling en smart wat ek merk dat niemand op my versoek gereageer het om foto's van Mnre Johannesburg, Kaapstad, Durban of Baardskeerdersbos te plaas nie.
Wat moet 'n arme feminis nou doen as sy ook graag so af en toe mans wil objektiveer?

Wednesday, September 06, 2006

Kop:Bynes

Ek hou van joernaliste. Van my beste vriende is joernaliste. Om die waarheid te sê, ek het selfs ‘n joernalis in die familie. Ek weet ook dat van die mense wat soms my blog lees, joernaliste is. Ek hou van hulle en wil hulle nie graag kwaad maak nie, daarom het ek tot dusver stilgebly oor hierdie onderwerp. Maar hier staan ek nou – ek kan nie anders nie.

Ek lees sedert 2004 glad nie meer die Afrikaanse pers nie (hoewel ek deesdae soms, op aanbeveling van vermaaklike bronne, “Van alle kante” lees). Terloops, in my klein wêreldjie beteken “Afrikaanse pers” Die Burger en Rapport. Ek lees dit nie, want ek deel nie die “arme ons kyk hoe het die ANC/swartmense/NGK ons lewens opgeneuk” wêreldbeeld nie. En omdat ek weet dat so ‘n slagoffer/klakous-mentaliteit jou kan insluk sonder dat jy dit sien kom. Voordat jy jou kom kry, is jy deel van die verontregte massas wat net fout sien en geen produktiewe bydrae kán lewer nie, want jy word dan so gemarginaliseer en alles en almal is korrup.

Hoewel ek dit nie self lees nie, het ek vrede daarmee as mense goed publiseer waarmee ek nie saam stem nie. Selfs wanneer hulle goed aanval waarvoor ek lief is, is dit nog reg. En soms laat val hulle lig op donker kante van goed wat ek liefhet, en dis ook nodig.
Maar daar is eenvoudig geen verskoning vir halwe waarhede en blatante leuens nie. As jy weet hoeveel mag jy het, moet dit jou mos bang maak. Dit moenie veroorsaak dat jy na willekeur met feite juggle nie.

Kyk, ek was ook al “redakteur” van twee bladsy lange blaadjies wat deur drie mense gelees word. Ek weet dat jy die totale betekenis van iemand se woorde kan verander deur net een byvoeglike naamwoord uit te haal. En foei tog, arme hulle, hulle het geen verweer nie. Kan nie sê jy jok of dat hulle dit nie gesê het nie, want hulle hét dit gesê.

Maar blatante leuens? Soos die joernalis wat nou verban is van een van ons land se kampusse. Sy het in die rektor se kantoor gesit, hy het vir haar in soveel woorde gesê dat x en y gerugte NIE die waarheid is nie... en sy publiseer x en y gerugte as die waarheid!

Wat my egter tot hierdie tirade dryf, is inligting wat ek Sondag by my dominee gekry het. Jy sien, ek wéét wat met die kerkherenigingsprosesse van die NGK, VGK en RCA aangaan – gewoon omdat ek dit my besigheid maak om te weet, om uit te vind. Ek behoort aan een van hierdie kerke, die prosesse raak my en daarom vind ek by die betrokke persone uit wat aangaan (Oom Coenie was my dominee toe ek BA geswot het). (Natuurlik het ek ook ‘n standpunt oor kerkhereniging, maar dis nie nou hier ter sprake nie. Fokus.) En ek is siek en sat vir die leuens en sensasie wat hieroor verkondig word, soos bv voor-verlede Sondag se berig in Rapport (ek kon dit nie meer online kry nie).

Hierdie keer het die kerk gereageer deur die betrokke joernalis se e-pos aan Oom Coenie, sy antwoord en haar uiteindelike “berig” saam met ‘n amptelike reaksie te versprei (dis wat ek by my dominee gekry het).

Ek het self al persoonlike ervaring met hierdie joernalis gehad, toe sy beloof het om my nie aan te haal nie... en op die ou end sommer my foto publiseer! Magtag.

Waar, wil ek weet, is die etiek in joernalistiek?

BlogAfrikaans.co.za