Tuesday, September 12, 2006

Ontboeseming

Koos Kombuis sê dat die Afrikaans vir "blog" blieg is - iets tussen bieg en lieg. Nou gaan ek ook toon hoekom anonimiteit vir my so belangrik is.

Dit wil vir my voorkom dat twee vrouens wat met mekaar seks het, ‘n redelik algemene heteroseksuele manlike fantasie is. Hoewel ek persoonlik dink dat dit effens pateties is (soos alle fantasieë uiteindelik tog maar is), het ek nog altyd gewonder hoe lesbiërs oor hierdie fantasie voel. Ek kan my indink dat, as ek ‘n lesbiër was, ek erg sou aanstoot neem. (My gay vriendinne is biseksueel, so ek dink nie hulle opinie hieroor tel regtig as dié van ‘n lesbiër nie. Beteken dit ek diskrimineer? Hoop nie so nie.)

Ekself is ongetwyfeld heteroseksueel. Ek hou nogal van die gedagte dat seksualiteit ‘n sosiale konstruk is en dat die boksies (kassies, haha) homoseksueel, biseksueel, transgendered en heteroseksueel maar net enkele van duisende punte op die lyn is. Maar ek weet ook dat ek nie gekies het om heteroseksueel te wees nie en dat ek nie kan kies om enigiets anders te wees nie. Sosiale konstruk of nie, ek hou van mans. Ek vind die idee van twee vroue geensins afstootlik nie, maar ek vind dit ook nie sexy nie.

So begin ek myself al meer vang dat... uhm... die idee van twee mans... uhm... vir my nogal sexy is. Uhm. Dit beteken nie dat ek wil saamspeel nie. (Wel, nie as hulle albei homoseksueel is nie.) Nou wonder ek... is dit ‘n belediging teenoor homoseksuele mans dat ek so voel? Objektiveer dit hul seksualiteit? Maak dit van gay seks net nog ‘n heteroseksuele fantasie wat dan noodwendig homoseksualiteit marginaliseer? Is dit ‘n manier waarop heteroseksuele mense homoseksuele seks vir hulleself “normaliseer”? As dit so is dat dit homoseksuele seks vir heteroseksueles normaliseer, is dit noodwendig verkeerd? Word heteroseksuele seks daardeur wéér as die standaard in die middel geplaas? En kan ek bepaal wat vir my sexy is en wat nie – kan ek, sou hierdie gevoel aanstoot gee, dit afskakel? (Het nog nie die moed gehad om my gay mansvriende hieroor te vra nie.)

9 Comments:

At 6:09 PM, Blogger Do Kwang said...

Dalk is jy pomoseksueel. Dit is nie 'n siekte nie, dis 'n kategorie waarin almal val wat nie in ander kategoriee val nie, afgelei van postmodern seksueel (so NG teoloe behoort nogal van die begrip te hou). Daar is so boek Pomosexuals, ek vergeet die skrywer, wat gaan oor sulke goed soos 'n gay man en 'n gay vrou wat eendag besluit hulle kan nie hulle hande van mekaar af hou nie, of aseksuele mense, of mense wat aangedraai word deur die gedagte van wortelslaai.
Kan ek maar al die inligting in hierdie post aan Rapport oordra? Ek belowe, ons sal jou nie quote nie.
(Laaste aanmerking: Ek dink seksuele orientasie as sosiale konstruk beteken nie ons is almal eintlik jags vir almal nie, dit beteken bloot dat mense wat hulself definieer in OPPOSISIE TOT 'n ander groep - soos "ek is straight want ek haat moffies" of "ek is gay want ek gril vir vrouens" - is mense wat besig is om magspeletjies te speel eerder as om die werklikheid te beskryf.)

 
At 6:18 PM, Blogger maeree said...

hmm. stof tot nadenke.
ek dink seksuele oriëntasie as sosiale konstruk beteken óók dat gay/straight maar net twee opsies is. daar is baie ander goed (soos mense wat besonder baie hou van wortelslaai) wat nie in die gay/straight kategorië pas nie. en sommige goed wat ons in die gay/straight kategorië wíl plaas, terwyl dit eintlik iets heeltemal anders is.
is die rapport aanmerking 'n grappie?

 
At 8:37 PM, Blogger Freddy said...

Haai... ek het gewonder of die hoof van jou huis jou so liefhet, dat hy bereid is om jou fantasiee te verwerklik?!

 
At 10:56 PM, Blogger Do Kwang said...

Wel obviously nie 'n grappie wat gewerk het nie :-)
Ek dink al die kategoriee moet beskrywend eerder as voorskrywend wees.

 
At 9:24 AM, Anonymous Anonymous said...

Maggies, moet tot 'n mens se fantasië nou al polities korrek wees?

 
At 12:52 PM, Blogger Do Kwang said...

Miskien is jy 'n homoseksuele man wat in 'n vrou se liggaam vasgekeer is?

 
At 1:58 PM, Anonymous Anonymous said...

Hier's 'n vraag: Ek het nie van Brokeback Mountain gehou nie, maak dit my homofobies?

 
At 9:48 AM, Blogger maeree said...

freddy, hy sê dankie vir die aanbod, maar nee dankie.

pienkzuit, ek weet nie wat jou fantasië moet wees nie. ek wil graag mense respekteer, selfs in my fantasië. nou wonder ek of dit disrespekvol teenoor dr lammervanger is dat ek dink hy's pragtig? en brokeback mountain was beide sexy en boring.

do kwang, die hoof van my huis sê hy verstaan jou punt dat ek 'n homoseksuele man in 'n vrou se liggaam is heeltemal. hy dink self dat hy 'n lesbiese vrou in 'n man se liggaam is.

 
At 2:30 PM, Anonymous Anonymous said...

Ik geloof ook sterk in seksuele identiteit als sociale constructie. Ik denk dat dit het duidelijkst wordt als men begrippen als heteroseksualiteit en homoseksualiteit historiseert: er zijn periodes (en gebieden) waarin deze begrippen maatschappelijk nauwelijks relevant waren. Je hebt het over sexuele fantasieen als mogelijke aantasting van identiteiten: fantasieen lijken me zoiets persoonlijks dat ze nauwelijks discursieve "macht" hebben.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za