Friday, August 25, 2006

Eksklusief

As daar 'n Mnr Gay Vatikaanstad kan wees, kan daar sekerlik ook 'n Mnr [seksuele oriëntasie nie relevant nie] PE wees. En hy lyk so:

Wat nou ekstra nice sal wees, is as mense foto's post van Mnr Johannesburg, Mnr Kaapstad, Mnr Durban en Mnr Baardskeerdersbos. (Ek wil nie voorskriftelik wees nie, maar as hulle minder klere kan aanhê as Mnr PE, sal dit natuurlik ideaal wees.)

NS. Niks persoonlik nie, maar ek dink dié blog se foto's is baie mooier as bolandbayern s'n.

4 Comments:

At 11:40 AM, Blogger PienkZuit said...

Ek het net gister ons vliegkaartjies PE toe bespreek vir vakansie. Ek hoop daar is meer om te sien as hierdie dude.

 
At 4:12 PM, Blogger Freddy said...

Always a reason for everything.

Ek verwys na die klere-kwessie.

 
At 5:48 PM, Blogger maeree said...

freddy, wat nou ekstra spesiaal sal wees, is as jy 'n foto op jou blog sit. cargo pantsies is beste.

zuit... what to see in PE? see the sea! (sorry, ek moes net.)
Solank jy nie in Des/Jan gaan (wanneer die wind waai nie), behoort jy meer te sien as mnr pe.
Daar is natuurlik die see, waar jy kan tan, swem (by hobie beach waar die kewl mense uithang, nie kingsbeach nie), surf, jetski, kitesurf, windsurf (eintlik allerhande soorte watersport), visvang, duik. jy kan uitry addo olifant park toe en die nuwe loerplek gaan kyk wat martinus gebou het. of vleis braai by die kragga kamma game park, wat nog so te sê in die stad is. daar's natuurlik ook die depressing leeupark met hul wit leeus. of braai by sardiniabaai. maitland het die hoogste sandduin in die land, wat blykbaar goed werk vir sandboarding. daar's die opsie van rustig langs die kus af ry. of shop! sondae is daar stalletjies by kings beach, res van die tyd is daar verskeie inkopiesentrums (walmer park is niceste). of as jy een van dáárdies is, kan jy dobbel by die boardwalk. as die weer sleg is, is daar verskeie plekke waar mens kan gaan fliek. en jy moet natuurlik nie vergeet van die oseanarium nie: dolfyne, pikkewyne, vissies & slange (moenie die slange en ander reptiele mis nie!). ek is onseker of happy valley nog staan en of dit weggespoel het... as jy gelukkig is, kan jy vir dozi of dowwe dolla by die operahuis of amfiteater gaan kyk (herman van veen tree eersdaags op). mens kan uiteet by enige van 'n magdom wonderlike eetplekke. daar's ook klubs, vir die wat jonk genoeg is. moet onder geen omstandighede nanaga se mkomoshi (ek het geen idee hoe om dit te spel of uit te spreek) en roosterkoek mis nie. en as jy tyd het, is dit altyd die moeite werk om graaff reinett se vallei van verlatenheid teen sononder te besoek. terselfdertyd maak mens sommer 'n draai by die uilehuis op nieu bethesda. as jy verveeld is, gaan jy jeffrey's toe. daar's niks behalwe goeie wave vir die surfers en 'n wonderlike mexikaanse restaurant nie. of ry rond op die platteland: gamtoos vallei, loerie... humansdorp het 'n paar plaasstalle wat beslis die besoek werd is, sê die mense. dan is daar natuurlik die middestad, met allerhande historiese geboue en monumente. daar's selfs 'n spooktoer in die nag. en museums. 'n paar briljante kunsgallerye. en as jy regtig verveeld is, kan jy altyd gaan kyk na die paaie wat in die vloede weggespoel het. (sê vir jou vrou die chippendales is ongelukkig nou weg.)
as ek iets vergeet het, sal willem van joernaal-faam jou daarvan kan vertel.

 
At 8:46 AM, Blogger PienkZuit said...

Mexikaanse restaurant! Dan MOET ons Jeffreys toe gaan (al kan ek nie surf nie). Addo is ook hoog op die lys, saam met duik en selfs visvang. Hoop maar die wind begin nie vanjaar vroeg nie, want ons gaan in November.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za