Thursday, August 17, 2006

Diepste Wese

Ja, jy sien reg. Hier's 'n foto van 'n cute katjie op my blog. As ek Bybeltekste kan quote, kan ek foto's van katjies plaas.

Dit is my diepste hartsbegeerte om 'n katjie te hê. Ek wil uit ons woonstel uit trek en huis koop, nét sodat ek 'n katjie kan kry. Die hoof van die huis voel weer so oor 'n papegaai. Wat my laat wonder: is ons nie dalk albei, in ons diepste wese, al is ons getroud, oujongnooiens* nie?

*Ek sal nog eendag iets skryf oor die kultuur wat van ongetroude vrouens "oujongnooiens" en van ongetroude mans "vrygeselle" ("old maid" vs "bachelor") maak.

1 Comments:

At 12:45 AM, Blogger Lammervanger said...

Ag nee, wat is volgende... Een van daai swart en wit foto's van 'n seuntjie wat 'n dogtertjie 'n soentjie gee met 'n bossie blommetjies agter sy ruggie...?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za