Sunday, August 06, 2006

Planaria

Wat is dit dié?


Dit, liewe vriende, is 'n planaria - 'n tipe flatworm wat in jou vistenk verskyn as genoemde vistenk ses maande laas skoongemaak is.
Hierdie wit, wriemelrige wurmpies lyk soos lewendige hare, maar is gelukkig skadeloos vir vissies. Wat my, arme mamma van genoemde vissies, natuurlik nie beter laat voel nie.
Dalk sal dr lammervanger vir ons meer inligting gee oor dié indringerwurm. Wat ek bv wil weet, is waar kom hulle vandaan? Lewe wat ontstaan uit niks?

10 Comments:

At 6:33 PM, Anonymous Anonymous said...

IS JY DOODSEKER DIS N WURM UIT JOU VISTENK??!!!!

groete
KLAGAT

 
At 8:13 AM, Blogger Lammervanger said...

Daar is seker maar van hulle eiers in die visse se tjorts. Of miskien tjorts iemand in jou vistenk.

Ek sal 'n bietjie gaan naslaan in my parasiet-skatkis.

 
At 12:42 PM, Blogger maeree said...

in alle eerlikheid, klagat, dis nie 'n foto van 'n wurm in my vistenk nie. dis 'n foto wat ek van die internet af gekry het van 'n wurm onder 'n mikroskoop. maar ek is wel doodseker dat dit 'n planaria is. kyk dit het ogies en alles.
lammervanger, as ek daai iemand vang wat in my vistenk tjorts, is daar groot moeilikheid. maar eintlik weet ek. sy naam is pleco (hypostomus punctatus). hy's eintlik veronderstel om die tenk skoon te hou.

 
At 2:33 PM, Anonymous Anonymous said...

maeree

Na die Agulhas grappie wonder ek maar net,..........

klagat

 
At 3:54 PM, Blogger PienkZuit said...

Klagat, dit het vir my ook meer soos 'n foto van iemand se voet gelyk.

 
At 4:55 PM, Blogger dorothy said...

my sentiments exactly klagat (what exactly is a 'klagat anyhow? i'm thinking finished arse? huh?)

 
At 9:52 AM, Blogger maeree said...

a-ha! ek dink nou onwillekeurig aan daardie inkprente wat sielkundiges gebruik (rorschach): wat jy sien sê baie van wat in jou psige aangaan.
ek kan nie glo julle is so wantrouig nie. gaan kyk hier. en wees bly ek het nie die foto van die "tapeworm scolex" (die laaste foto) geplaas nie!

 
At 6:50 AM, Anonymous Anonymous said...

As jy tog uitvind waar dit vandaan kom, plaas dit asb. Ek sal graag wil weet hoe dit daar gekom het... 'n vlieg, of dalk ander insek?

 
At 8:04 AM, Blogger Lammervanger said...

Dorothy: 'n Klagat kla die heeltyd.

 
At 1:04 PM, Blogger dorothy said...

thank you lammervanger - i've been waiting in quiet anticipation for an explaination

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za