Monday, July 31, 2006

Die kuns van die zirrip

Terwyl ek nou besig is met lesse oor hoe om allerhande goed te doen, bied ek graag die volgende openbare diens ook aan: Die kuns van die zirrip.
1) Vind 'n geliefde op wie jy graag jou zirrip vaardighede wil oefen.
2) Wag tot die persoon kwesbaar is (uitgestrek op die rusbank om rugby te kyk werk altyd vir my).
3) Kies 'n stukkie vel wat uitsteek (soos bv maag of nek, pienk zuit! Ons is nou vir eers klaar met die voete.)
4) Plaas jou lippe teen die stukkie vel van jou keuse.
5) Blaas so hard as wat jy kan.
En siedaar - 'n zirrip!
Zirrips werk ook goed op klein kindertjies. Maar dit is nie so bevredigend om te hoor hoe 'n klein dogtertjie soos 'n klein dogtertjie skree nie. Dit is veel meer bevredigend om te hoor hoe 'n 36-jarige, 2 meter lange man soos 'n klein dogtertjie skree.

Natuurlik kan 'n mens nie jou zirrip-vaardighede slyp sonder om ook te weet hoe om jouself teen ander mense se zirrip aanvalle te verdedig nie. (Ek kan dit met groot vrymoedigheid hier plaas, aangesien my zirrip slagoffer nie self my blog lees nie - hy verwag dat ek dit vir hom voorlees. Ek kan dus na hartelus redigeer.)
Hierdie raad het ek by 'n vriend van my gekry: "Ek vind dat dit vinniger oorgaan as ek stil lê en wag dat dit ophou." Die truuk is dus om jouself nie fisies of verbaal te probeer verdedig nie.

Happy zirriping!

5 Comments:

At 11:29 AM, Blogger Do Kwang said...

Ek doen dit baie graag op my familie, maar ek ken die naam as 'n zzzbbbrrr. Dis wat Bill Cosby dit genoem het.

 
At 11:58 AM, Anonymous Anonymous said...

sal probeer! klink na fun!!!

klagat

 
At 2:55 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek geniet weer die vingers-aan-weerskante-van-sye-en-druk-so-hard-as-wat-jy-kan-sodat-sy-gil-soos-'n-vark-wat-in-'n-deur-vassit.

Dis moeilik om 'n sin te tik sonder om die spasieknoppie te druk.

 
At 10:12 AM, Blogger maeree said...

do kwang, dis nou presies hoe hierdie tipe woorde werk. so weet ek bv nie wat zaber is nie, maar ek kan dink. ek dink zzzbbbrrr is meer beskrywend, maar zirrip sê weer makliker.
ek weet nie hoe om zirrip te spel nie. zurrup? zurrip? zirrup?

klagat, laat weet hoe dit gegaan het. wanneer begin jy jou eie blog? of bou ten minste 'n profile, toe man.

lammervanger, is dit nie amazing hoeveel vreugde ons daaruit put om die mense vir wie ons lief fisies te martel nie?

 
At 11:00 AM, Anonymous Anonymous said...

MAEREE

Ek sukkel nog met hierdie hele bogging etiek storie, maar dit is nog in my agterkom miskien eventually sal ek daar uitkom.

ja en die zirrup het gewerk!!! nogal cool. al geneuk vroulief kan dit nou ook doen en , en sy wou weet waar ek daaraan kom!!??? oeps

groete
klagat

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za