Friday, July 21, 2006

Cargo Pantsies

Ek dink cargo pants is die beste uitvinding sedert hoë-spoed internet konneksies. Die persoon wat cargo pants ontwerp het, verdien 'n Nobel prys. Ek hou veral van die soort met sakke op die boude.

Dit maak my beserk. Ek kan my self nie help nie, verloor alle selfbeheersing. Ek kan eenvoudig nie my hande daarvan afhou nie. Wat sosiale interaksie nogal bemoeilik.

11 Comments:

At 11:35 AM, Blogger Do Kwang said...

Hoofletter AMEN op alles wat jy hier geskryf het.
Wie se boure is daai op die foto?

 
At 11:36 AM, Blogger PienkZuit said...

Ek sien jy stryk ook nie jou hoof van die huis se cargo pants sodat die boudsakke se punte nie so omkrul nie. Ek het dit nou maar al aanvaar, soos ek hier sit op my hond-oor sakke.

 
At 11:42 AM, Blogger PienkZuit said...

Ek het die opskrif van die post die eerste keer vinnig raak gelees as "Cargo Panties". Toe wonder ek nogal hoe sal dit lyk. Daar is tog sekerlik nie genoeg plek vir soveel sakke op panties nie? Eers toe ek die foto sien het ek weer die opskrif gelees en my fout bespeur.

 
At 12:10 PM, Blogger maeree said...

pienk zuit - byt jou tong!!! ek stryk??!! (jammer ek oortree my eie reël oor uitroep- en vraagtekens, maar ek kan nie anders nie.) as hy dit gestryk wil hê, kan hy dit mos self doen! elkgeval, dit moet so staan. dis wat dit so pragtig maak.
prof - dis die hoof van my huis se boure daai. hmm, ek dink ek gaan nou huis toe...

 
At 2:47 PM, Blogger Do Kwang said...

Zuit, moet ons uit bostaande aflei dat jou vrou jou klere vir jou stryk?

 
At 9:57 AM, Blogger Freddy said...

Haai, Maeree, wat leer ek nou van jou? In ongeveer 1997 was ons saam in n groepbespreking oor die fliek "Matrix". 'n Derde persoon in die groep teenwoordig kon nie uitgepraat raak oor Trinity se leerpakkie nie. EN Maeree se reaksie? "Jy't n fetish!" Die reaksie DAAROP was vir my baie snaaks, seker die dat ek dit onthou.

En nou leer ek Maeree het n cargo pants-fetish. Wil jy nie asb. vir ons wys hoe lyk jou handsakke nie? (EK praat nie vd binnekant nie.)

 
At 11:12 AM, Blogger maeree said...

huh? ek onthou niks hiervan nie. maar ja, ek sal ruiterlik erken dat ek o.a. 'n cargo pantsies fetish het.
wat was die reaksie daarop?
sorry *bloos bloos*, maar ek verstaan nie van die handsakke nie? het jy 'n handsak fetish, of sluit dit aan by die eerste parragraaf, of praat jy van cargo pants?
ek hoop jy weet dat dit vir my die ergste ding op aarde is as ek nie jou grappies vang nie. ek voel asof ek in my diepste menswees misluk, asof ek die een toets wat saak maak, gedop het.

 
At 11:16 AM, Blogger maeree said...

o ja, die keer wat ek wel onthou, was toe ons die kenmerke van verskillende persoonlikheidsteurnisse moes swot. en ek en jy albei ontdek het dat ons eintlik skisofrene is. onthou jy dit? of dalk onthou een van jou alter-ego's dit?

 
At 1:45 PM, Blogger PienkZuit said...

Nee Prof, my cargo pants se sakke krul juis ook so om.

 
At 3:23 PM, Blogger maeree said...

nie almal van ons het push-up bra's nodig nie.
mens doen presies dieselfde met sakke agterop 'n broek as wat jy met 'n push-up bra doen.

 
At 12:24 PM, Blogger Freddy said...

Persoonlik reken ek (hoe anders dan as persoonlik, ne?) daar is mense met groter probleme.

Neem George Michael, bv. (Lees by http://www.dieburger.com/Stories/Entertainment/Gossip/11.0.873001383.aspx) Ek sien by gemelde beriggie (beruggie?) dat hy gevonnis is weens sekere onwettige seks wat hy gehad het, of wou he.

Wat my verstand egter te bowe gaan: Hulle het die man, wat duidelik reeds probleme het, gevonnis tot GEMEENSKAPSDIENS! Goodness, is dit dan nie juis gemeenskap wat in die eerste plek die probleem was nie?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za