Thursday, July 13, 2006

Jou naaste soos jouself

Noudat ek terug is by die huis, besef ek ewe skielik weer hoeveel mense lief is vir my. Natuurlik het ek nog altyd geweet hulle is lief vir my, maar daar's niks soos 'n verwelkoming met aalwynplantjies toegedraai in tradisionele blou Xhosa lappe om jou te laat verstaan hoe geliefd jy is nie.
Miskien is ek meer bevoorreg as ander, maar daar is baie mense wat ek weet my liefhet. Ek twyfel vir geen oomblik aan die opregtheid van hul liefde nie. (Ek praat nie nou van familie nie, hoewel ek hulle natuurlik ewe maklik hier kan insluit.)
Ek is ook baie lief vir elkeen van hierdie mense.
Al hierdie liefde waarin ek op die oomblik baai, gemeng met my boere-Calvinistiese (om 'n term by Ferdinant Deist te leen) opvoeding, het my egter nou aan die wonder:
Het jy mense lief omdat jy hulle as mense liefhet, of het jy mense maar net lief omdat hulle jou liefhet? Ek hou van jou omdat jy van my hou en jy hou van my omdat ek van jou hou.
Beteken dit nie dat jy dan op die ou end maar net jouself liefhet nie, al is dit dan jouself deur ander se o"e?
Kan dit wees hoekom mense wat sukkel met selfaanvaarding, ook sukkel om liefde te gee en te ontvang?
Beteken dit dat alle liefde eintlik selfsugtig is?

8 Comments:

At 2:31 PM, Blogger PienkZuit said...

My siening (sjoe, mens moet dit mos deesdae sê voor jy enige opinie lig, anders is jy sommer verkeerd :) is dat beide daardie soorte liefde moontlik is, selfsugtig en onselfsugtig. Maar dis eers as jy by die onselfsugtige liefde uitkom wat jy waarlik liefhet. Dis as jy iemand kan liefhê "ten spyte van", nie "as gevolg van" nie. En dis die liefde wat Jesus op aarde kom verkondig het.

 
At 12:40 AM, Blogger Lammervanger said...

As jy lief is vir mense net omdat hulle vir jou lief is, sou jy lief moes gewees het vir elke ou wat in jou lewe op jou verlief was... So ek dink jy het mense lief, en dat liefde meer is as "returning the favour".

 
At 10:04 PM, Anonymous Anonymous said...

Ja ek sal ja se tot die laaste paar vrae. liefde is selfsugtig as dit by mense kom. Swartgallig maar waar

my pa se altyd: "elke man vir homself en God vir almal"

KLAGAT

 
At 2:39 PM, Blogger Do Kwang said...

Hey, ek is nou ook by http://positiewedenke.blogspot.com

 
At 4:16 PM, Blogger maeree said...

pienk zuit, ek hoor jou. my vraag is of ons regtig, eerlik, kan sê dat ons mense "ten spyte van" liefhet.
lammervanger, jy laat my dink aan al die ouens wat beweer het die Here het vir hulle gesê ek moet met hulle trou. Gelukkig het die Here vir my niks oor hulle gesê nie. As ek met elkeen van hulle getrou het, was ek lankal in die Huisgenoot. Of ten minste die Son. Mind you, ek was al in Rapport. Mmm... en Die Burger. Haai, ek besef nou net: I'm famous!
prof - jipee! Sien uit daarna om te hoor van jou smaak in onderklere. hurhurhur.

 
At 4:40 PM, Blogger Do Kwang said...

Okay, hier is 'n drol in die drinkwater. As ek ooit 'n moord sou pleeg, voel ek regtig dat ek sou verdien om te hang. So moet ek dus die doodstraf ondersteun? As ek ooit verkrag, sal ek verdien om te vrek, so moet ek die doodstraf vir verkragters ondersteun? Ek meen nou, om vir ander te gun wat ek vir myself gun en so aan. Ek dink ons veroordeel nie altyd mense met dieselfde standaard wat ons onsself oordeel nie. En dit is bietjie neerbuigend teenoor ander mense. Of is dit nie? Ek dink dit hou so half en half verband met jou post, so soortvan, maar ek soek nogal insette hieroor.

 
At 10:19 AM, Blogger Freddy said...

Ek het nogal gehou van Scott Peck se siening in Road Less Travelled se siening van liefde: dit gaan juis oor die ander ou. Om mense lief te hê is anders as om lief te wees vir waatlemoen of steak of Skandinawië. Hy sê iets soos dat liefde graag wil sien dat die ander persoon groei en ontwikkel. As ek dus nie wil hê my kinders moet grootword en uit die huis uitgaan nie, is ek nie regtig lief vir hulle nie. Sy punt is dan: selflose liefde is nie baie lekker nie.

Ag, en die liewe Dr. Phil, waaroor ek graag self spot, is nie n dom man nie. (Neem bv. net sy sin vir besigheid in ag!?) HY sê dat liefde eerder gaan oor my EIE potensiaal om te KAN liefhê. Dit beteken dat whoever maar nasty kan wees soos hy/sy wil: as EK besluit het om my potensiaal om te kan liefhê uit te leef, basta vir die een wat dit vir jou wil moeilik maak. (Interne lokus van kontrole vs ekstern.)

Volgende vragie, dan: Ons wil graag interne lokus van kontrole hê. Ekke. Myself. My omstandighede moenie my geluk bepaal nie. Dit lê nie buite my nie. Maar 'n sielkundige het teenoor my genoem sy dink nie sy stem heeltemal daarmee saam nie. Al sê ons God is binne ons, is ek en God nie dieslefde wese nie. As God deel is van ons lokus van kontrole (verbly jul in die Heer): Het ons dan 'n interne of eksterne lokus van kontrole?

Ag hel, miskien moet ek weer begin blog, sorry.

 
At 3:22 PM, Blogger maeree said...

freddddyyyy!!! hallo! bly om van jou te hoor.
ek hou van jou comment. dankie.
voel vry om te enige tyd my blog te misbruik asof dit joune is.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za