Sunday, June 04, 2006

Hartseerderer en hartseerderer

Dit voel soos gister wat ek in 'n sneeubedekte sprokieswêreld aangeland het.


Nou vertrek ek uit 'n sopnat, heldergroen land waar die son nooit ondergaan nie.


Ses maande terug sou ek nooit kon voorspel dat dit vir my so onbeskryflik hartseer sal wees om Swede te verlaat nie. Ek het nog altyd geweet dat die grond van Afrika die bloed is wat deur my are klop. Skandinawië is wonderlik. As ek hier bly, sal my lewe heerlik gemaklik wees - en nie veel beteken nie. Dit is in my eie land waar ek hoort, waar ek saam met my landgenote moet worstel met goed wat simpel en seer en onnodig is, maar wat om lewe en dood toe saak maak.

Dalk, eendag, gaan mense nie meer dood van armoede in ons land nie.
Dalk, eendag, wil ek nie meer terugkom Swede toe nie.

4 Comments:

At 8:41 AM, Blogger PienkZuit said...

Ek weet hoe jy voel. Ek en my vrou het in Engeland ook gedroom van hoe ons gaan terugkom en hier 'n verskil gaan kom maak, hoe ons hulp hier nodig is. Maar dis nogal moeilik om prakties te leef wanneer mens eers hier is. Dis maklik om hier weer in 'n gemaksone te leef en te begin moan oor Zuma en Pretoria/Tshwane. Dalk moet ons net aanhou probeer.

 
At 9:33 AM, Blogger dorothy said...

when do you leave?

 
At 4:59 PM, Blogger Voetstoots van Tonder said...

jou kommentaar op Pienk Zuit se blog is heelwat sterker - jy se jy wil Afrika se grond uit jou are krap... ek verstaan baie goed - ek is baie lief vir my land en my mense en my taal en soms verlang ek baie, maar dit gaan bitter moeilik wees om Londen agter te laat ...
- hou ek maar net van die "optionality"? M.a.w. ek weet ek kan basies enige tyd teruggaan SA toe, en dit sal redelik maklik wees, maar die omgekeerde is nie noodwendig vir my ewe waar nie - i.e. as ek eers die Londen bande wat ek met groot moeite opgebou het, begin breek, sal dit waarskynlik later heelwat moeiliker wees om dit alles weer 'n keer van voor af te doen hier in die "vreemde"...

 
At 10:07 PM, Blogger Appel said...

Dis mooi woorde dié op jou blog. Ek voel ook so. Sela.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za