Wednesday, May 31, 2006

Daar's 'n ouel in die mossienes

Ek het so pas 'n nuwe (Afrikaanse) woord geleer:

ouel

Weet enigiemand wat dit beteken? (As jy reg is, sal ek vir Pienk Zuit vra om vir jou 'n prys te reël.)




Oops, ek wonder hoe ek gaan weet wie is reg?

11 Comments:

At 12:05 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek is baie trots op my Afrikaanse woordeskat, maar jy het pas my middelpen ontwortel met daardie aflewering.

 
At 8:35 AM, Blogger PienkZuit said...

Is dit een of ander impliment wat mens in die tuin of op 'n plaas gebruik? "Koos, van die ouel en gaan kyk wat jy in die land kan regkry na die reën."

 
At 12:33 PM, Blogger dorothy said...

it's a kind of an owl

 
At 6:43 PM, Blogger maeree said...

waar is gm nou met sy woordeboek?
julle is almal yskoud.
'n "mossienes", terloops, is eintlik 'n "cubby-hole". Maar ek weet nie wat 'n ouel in 'n cubby-hole sal doen nie.

 
At 12:38 AM, Blogger Lammervanger said...

Is dit 'n vrot eier? Weet juulle nog hoe om vrot eier te speel...?

 
At 7:31 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek bedoel "julle", nie "juulle" nie

 
At 9:48 AM, Blogger dorothy said...

and so? what is it?

 
At 11:01 AM, Blogger Do Kwang said...

'n Ouel woon in 'n urinaal in die manstoilette en soms as hy burp, kom daar so borrelrige geluid uit die toilet uitgestyg en dan hang daar vir 'n paar minute 'n aaklige stank in die lug.

 
At 7:11 PM, Blogger renklem said...

Is dit miskien 'n pyp (soos waarmee jy petrol uit 'n ander motor se tenk sou kon suig), soos in die engelse "funnel"?

 
At 7:16 PM, Blogger renklem said...

of miskien 'n ongewyde offerbrood van die Rooms Katolieke kerk? Soms daardie klein wit eetbare papiertjies.

 
At 8:01 PM, Blogger maeree said...

En die prys gaan aan... [drumroll]... renklem vir haar indrukwekkende kennis van kerklike terme.
Troospryse:
lammervanger vir nostalgie
dorothy vir persistence
prof vir kreatiwiteit
en pink zuit vir sy poging om "ouel" in 'n sin te gebruik

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za