Thursday, May 25, 2006

Ek eet nie seekos nie

Glad nie. Wie wil dan nou troeteldiere eet? En besides, dit smaak na vis. Ek hang liewer by my plaaslike akwarium uit (wanneer ek in SA is. Hier's nie een waar ek woon in Swede nie.)

My vissies toe ek hulle laas in Januarie gesien het. Ek hoop hulle is nog okay as ek Julie by die huis kom.

Dit is daarom vir my 'n voorreg om aan te kondig dat dit onwettig kan wees om vis te eet, volgens Health24. Volg dus die liewe mense se raad, druk hul tabel, knip dit uit en bêre in jou beurse. (Watter tipe mens, moet ek nou ongelukkig vra, sal so iets doen? Volg liewer my raad: moenie seekos eet nie!)

6 Comments:

At 12:51 PM, Blogger rondloper said...

Wat van ander diere? Hulle moet ook nie geeet word nie as jy jou redenasie deurvoer.

 
At 8:28 PM, Blogger maeree said...

Jy is natuurlik heeltemal reg. Behalwe, hulle smaak nie na vis nie (wat eintlik die hoof punt van my argument teen seekos is, al lyk dit nie so nie.)

 
At 10:54 AM, Blogger rondloper said...

Ek is kwasi-vegetaries, maar ek moet vis eet, ek is te lief daarvoor.

 
At 2:58 PM, Blogger Do Kwang said...

Sjoe, maar jou troeteldier sal darem goed afgaan met 'n bietjie olyfolie en cajun spices!!!!

 
At 4:28 PM, Blogger maeree said...

rondloper - dis blykbaar die gesondste opsie, volgens meeste van my vriende. dit maak jou slim ook.

prof - sies!
net 'n vriendelike waarskuwing... ek voer my vissies spesiale vitamiene. dit maak hulle "unsuitable for human consumption".

 
At 8:43 AM, Blogger PienkZuit said...

If we're not supposed to eat animals, why are they made of meat?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za