Sunday, May 21, 2006

Christene is nie goeie trolle nie


Die hoof van my huis is ’n ensiklopedie wat vir Wikipedia in die skande sal steek. Regtig. Hy weet alles.
So beweer hy nou die dag dat die woord “trol” van die Vikings se woord vir ’n slaaf kom. Die Vikings het ’n groot deel van hul bestaan gemaak deur middel van slawehandel. Christene het egter nie baie goeie slawe gemaak nie. Hulle het hierdie irriterende neiging gehad om te weier om op Sondae te werk en om almal te bekeer. Gevolglik was twee Christen slawe nie eers een goeie bees werd nie.
Die Christen sendelinge het vir die Vikings wat tot bekering kom, wit hemde gegee om in gedoop te word. Baie Vikings het gevolglik tot bekering gekom sodat hulle ook ’n wit hemp kan kry. Mettertyd het hulle egter besluit dat die wit hemp nie die verkoue – wat hulle gekry het nadat hulle in die winter gedoop is – werd was nie.
Dit is hoekom dit 400 jaar gevat het om die Vikings te kersten.
My soektog op die internet kon nie veel van hierdie inligting staaf nie. Dit staan in ’n boek getiteld “The Longboats”, sê die hoof van die huis. Wie’s ek nou om te stry?
Wat ek wel uitgevind het, is dat die Vikings se woord vir slaaf thrall was. En ek het op hierdie interessante site oor Vikings afgekom. En hierdie een oor trolle. Die prentjie kom van hierdie obskure fliek wat van een van Terry Pratchett se stories gemaak word.

4 Comments:

At 11:51 AM, Anonymous Anonymous said...

Jy't verkeerd geluister. Die wit hemde het opgeraak, toe het die Vikings besluit die risiko vir verkoue is nie die moeite werd as hulle nie eers 'n hemp daarvoor kry nie. Toe maak hulle maar trolle van die mense wat hulle wou bekeer.
xx
Die hoof van die huis.

 
At 1:55 PM, Blogger PienkZuit said...

Hoof van die huis : het jy gesien daar's foto's van jou voete op die blog, en dat voete glo iets anders is. So daar's foto's van jou iets anders op die blog...

 
At 2:26 PM, Blogger maeree said...

Ek sê mos: hy weet alles.

 
At 4:07 PM, Blogger PienkZuit said...

Dan kan julle 'n goeie lewe maak uit pub quizes. Vra bietjie vir Prof om te vertel van ons 2 se pogings om die SR GK kompo te wen, en ook hoe hy verniet gedrink het vir 'n tyd met die drank wat hy elke keer gewen het by daai pub in Panorama wat afgebrand het.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za