Kaalvoet Aspoestertjie
Prof vertel dat hy een van die dae ’n stuk “oor hoe gruwelflieks van die laaste ruk 'n spieel vir ons samelewing is” die lug gaan laat sien. Ek sien baie uit daarna, want ek is seker hy sal op sy kenmerkend erudiete manier ons almal tot nuwe insigte bring.
Hy het my egter laat dink aan die fliek wat ek in 1996 of 1997 gesien het: Snow White – A Tale of Terror, met Sigourney Weaver en Sam Neill. Briljant. Hulle vertel die verhaal van Sneeuwitjie net soos wat ons dit geleer het. Maar dis piepie scary.
Die fliek het my laat dink oor die funksie van stories in ’n samelewing. Daar’s verskillende teorieë oor die oorsprong van spesifiek sprokies. Die een kamp beweer dit is deur ’n patriargale samelewing ontwikkel om meisies op hul plek te hou. Die ander kamp (wat ek dink baie interessanter is) beweer dat dit vrouens se manier was om vroulike, subversiewe wysheid van een generasie na die volgende oor te dra. Die sprokies het ’n groot deel van hierdie vroulike krag verloor toe die Grimm broers dit verwerk het, maar as jy tussen die lyne lees (of ouer weergawes van die sprokies navors) kan jy die oorspronklike funksie van die sprokies sien. (Ek maak nie die goed op nie! Hier is 'n boek wat 'n vinnige internet search opgelewer het.)
Wat Snow White – A Tale of Terror my egter laat besef het, is dat ’n samelewing weerspieël word in die stories wat hulle vertel. (Jy kan natuurlik hier ook die ou vraag van “art reflecting life or life reflecting art” vra.) En dat ons êrens tussen die 80’s en die 00’s ons onskuld verloor het.
3 Comments:
Baie interessant! Ek wil net my 2sente vir die Grimms ingooi: hulle het oorspronklik die sprokies net gedokumenteer, nie verwerk nie. Deur die twee eeue is die impak daarvan verdof deur Disneyfikasie.
Daar is enkele baie goeie uitgawes van hoe dit oorspronklik neergeskryf is, veral die Routledge een (wat 'n essay van Joseph Campbell ok nog bevat).
Loved this movie - LOVED it. It was on par in rendition as 'Ever After'. If you're interested in fairytales and the feminine aspects of story telling/messages/wisdom etc, take a look at 'women who run with wolves'. It has quite a jungian edge to it and less a die-hard paglia approach to feminism but you might like it.
gm - dankie! ek dink tog dat, selfs al skryf mens net iets neer, jy sekere keuses moet maak. veral wanneer iets vir eeue mondelings oorgelewer is, sal daar sekerlik verskillende weergawes bestaan. ek dink selfs die mense wat die "carmina gadelica" neergeskryf het, moes sulke keuses maak.
ek stem saam oor die disneyfikasie - wat weereens ons samelewing weerspieël, né?
dorothy - ek het "women who run with wolves" einde verlede jaar gelees, net nadat ek die glass ceiling so hard getref het dat my skedel gekraak het. en hoewel my idees meer na die androgene neig (i think gender is languaged - a social construct) dink ek "women who run with wolves" behoort compulsory reading vir elke vrou te wees. i found it very empowering.
Post a Comment
<< Home