Wednesday, May 31, 2006

Do it for your country


Volgens die April uitgawe van die UK Men'sHealth, werk mans in Brittanje gemiddeld 43.6 ure per week (p. 82).
Op die volgende bladsy staan daar die "Length of a typical British employee's working week - the longest in Europe" is 70 ure.
Ek is nie 'n wiskundige nie, maar dit lyk regtig vir my asof die arme vrouens in Brittanje hulle vrek werk! Go figure.
Van 43.6 ure vir net die mans, na 70 ure vir almal? Is daar 'n wiskundige daarbuite wat asb vir ons hierdie som sal doen, sodat ons kan uitwerk hoeveel uur per week die arme vrouens in Brittanje werk? Kom ons los 'n comment van bewondering op elke vrou wat ons ken wat in Brittanje werk se blog - dat sy sowaar nog tyd kry om te blog ook! Respek.

3 Comments:

At 8:54 AM, Blogger PienkZuit said...

Ek sou raai dat daardie vergelyking te veel onbekendes het om op te los. Maar ek dink die antwoord lê dalk daarin dat Men's Health nie noodwendig wiskundiges (of dalk selfs iemand wat kan wiskunde doen) op hulle staff het nie. Enige iemand wat al in die UK gewerk het sal swaar sluk aan die 70-uur werksweek storie (43.6 is pushing it).

 
At 6:47 PM, Blogger maeree said...

Hoe kan jy insinueer dat die Men's Health se inligting nie wetenskaplik is nie? Dis soos om te sê die Huisgenoot se verslaggewig is nie akkuraat nie.

 
At 1:44 PM, Blogger Christine said...

Ha! Daar's my verskoning. Ek het 'n blog en ek het 'n werk. Kan wel nie seg watter een ek meer afskeep nie. (Seker die blog - want ek kon nie nou my password onthou om 'n comment te los nie.)
'n 70-uur week is niks! (Soos hulle in Monty Python sou seg.) Ek het self al 'n hele paar 84-uur weke agter die rug. Dit was die meeste fun wat ek nog ooit vir 'n minimum wage gehad het.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za