Monday, July 10, 2006

Ek stel bekend. . .

My nuwe kar!


Ek het nie hierdie keer by die verkoopsman geslaap nie. Die man by wie ek wél slaap - nogal gereeld, noudat hy werkloos is (maar dit is 1. nie nou relevant nie en 2. overshare) - het my egter baie gehelp met die onderhandeling. Gevolglik kon ek weer kar koop vir onder boekwaarde. Ek is die enigste mens wat ek ken wat wins maak wanneer ek my kar verkoop.

3 Comments:

At 6:46 PM, Blogger Do Kwang said...

1. Baie geluk
2. Ek gaan vir die mense by Die Burger se^ dat jy sukkel met die verifikasieletters sodat hulle dit kan regmaak - wat presies is die probleem?
3. Het jy toe ooit daai boek gelees wat ek vir jou gepos het, of A Wizard of Earthsea?

 
At 10:52 AM, Blogger dorothy said...

ha ha ha - overshare...now there's something that's going to happening on my blog LOTS from now on...anyway - NICE CAR
and next time i decide to buy a car i'm hunting you down. of course that might only be in about 10 years time. but still.

 
At 10:56 AM, Blogger maeree said...

prof - sover ek weet is ek nie kleurblind nie, maar ek tik die lettertjies in wat ek sien en dan was dit blykbaar verkeerd. hulle gee nuwe lettertjies, maar die kan mens nie sien nie - net 'n rooi kruisie, sodat jy die hele besigheid moet refresh. ens. maar ek moet bieg, ek het nog nie baie probeer nie. eerstens omdat ek 'n tipiese produk van my generasie is - as iets nie werk nie, los ek dit. niks van daardie "aanhouer wen" storie nie. en tweedens omdat jou blog nogal stil was die laaste tyd (hint hint). btw, geluk met jou verjaardag. jy moet tog vertel hoe jy die groot drie nul gevier het.
ek het die boek baie geniet, dankie. dit het my deur my moeisame tog gehelp. het my 'n tydjie gevat om in dit te kom, want ek kon nie uitfigure of dit wetenskapfiksie of fantasie is nie. toe ek ophou om te probeer uitfigure wat dit is, kon ek dit meer waardeer. sal beslis nog 'n paar van haar boeke probeer. ek is jou ewig dankbaar, want ek is altyd op soek na skrywers wat ek kan lees EN geniet. pratchett het my so bietjie gespoil.
dorothy - ek sien met ingehoue asem uit na die overshare op jou blog.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za