Wednesday, July 19, 2006

Eervolle vermelding

Ek het gedink freddy se kommentaar op Jou naaste soos jouself verdien spesiale vermelding:

"Ek het nogal gehou van Scott Peck in Road Less Travelled se siening van liefde: dit gaan juis oor die ander persoon. Om mense lief te hê is anders as om lief te wees vir waatlemoen of steak of Skandinawië. Hy sê iets soos dat liefde graag wil sien dat die ander persoon groei en ontwikkel. As ek dus nie wil hê my kinders moet grootword en uit die huis uitgaan nie, is ek nie regtig lief vir hulle nie. Sy punt is dan: selflose liefde is nie baie lekker nie.

Ag, en die liewe Dr. Phil, waaroor ek graag self spot, is nie 'n dom man nie. (Neem bv. net sy sin vir besigheid in ag!?) HY sê dat liefde eerder gaan oor my EIE potensiaal om te KAN liefhê. Dit beteken dat whoever maar nasty kan wees soos hy/sy wil: as EK besluit het om my potensiaal om te kan liefhê uit te leef, basta vir die een wat dit vir jou wil moeilik maak. (Interne lokus van kontrole vs ekstern.)

Volgende vragie, dan: Ons wil graag interne lokus van kontrole hê. Ekke. Myself. My omstandighede moenie my geluk bepaal nie. Dit lê nie buite my nie. Maar 'n sielkundige het teenoor my genoem sy dink nie sy stem heeltemal daarmee saam nie. Al sê ons God is binne ons, is ek en God nie dieslefde wese nie. As God deel is van ons lokus van kontrole (verbly jul in die Heer): Het ons dan 'n interne of eksterne lokus van kontrole?"

3 Comments:

At 8:46 AM, Anonymous Anonymous said...

maeree

Ek het daar op prof se blog n paar vrae gestel onder die etiek van blogging.

Kan jy miskien kommentaar lewer daaroor?

Sal dit hoog op prys stel

Groete
Banggat/klagat

 
At 11:35 AM, Blogger maeree said...

Bang-/klagat
Ek wil nie graag prof se blog oorvat nie. Jy vra o.a.
"1) Hoekom blogging? 2) Hoekom nie net al hierdie blog bydraes mail aan voorafuitgekiesde vriende nie en so geslote gesprek voer nie? 3)Wil mens werklik he^ vreemdelinge moet jou blog bekyk? 4) Is dit nie in n mate voyeurisme om ander mense se blogs te patrolleer nie?
5) Wat is die bevrediging wat mens uit blogging kry of sal mens se^ wat is die "ultimate" doel? 6) Stel mens nie jouself bloot aan kommentaar wat moontlik mag aanstoot gee nie en dan omdat jy jouself in die publiek oopstel verloor mens nie bietjie daardie mag van "DIT IS MY BLOG EN EK SAL JOU WEGJAAG NIE"??"

Hoekom vra jy nie hierdie vrae op jou eie blog en kyk wat gebeur nie? As jy nie daarvan hou nie, kan jy mos maar net ophou?

Ek dink dis goeie maniere om jouself aan die mense wie se blog jy lees, voor te stel (deur bv jou eie blog te hê). Dan is jy nie besig om vreemdelinge af te loer nie.

Oor privaatheid: As jy baie fyn kyk en 'n vernuftige speurder is, sal jy sekerlik kan uitvind wie ek is. Maar kyk mooi: my blog is heeltemal anoniem. Die truuk is dat prof nie uitvind wie jy is nie, want "salige rus expose alles". (-: En jy hoef natuurlik niks persoonlik te skryf nie. Jy kan slegs vertel van die oorlewingstryd van oewerkonyne. Of intense debatte voer, soos wat jy duidelik graag doen.

En jy moet altyd onthou om nie jou (of dan veral my blog ernstig op te neem nie.

 
At 12:12 PM, Anonymous Anonymous said...

dank baie!

klagat

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za