Friday, July 28, 2006

Ek was so ontsteld, ek't skoon vergeet van 'n titel.

Oorle Prof wys ons hierop.

Ek wil nie graag by kerklike debatte oor nonsens betrokke raak nie, maar dalk kan ek my maar hier daaroor uitspreek. My blog gaan in elkgeval oor nonsens.

Net omdat hy 'n boek of twee geskryf het, beteken dit nie Jaco Thom praat met meer gesag as Christo de Klerk nie. Om die waarheid te sê, Thom praat plain twak. De Klerk neem die konteks en kultuur van die verhaal in ag. Thom neem net sy eie kultuur en vooroordele in ag. Om te sê Rut en Boas het nie seks gehad nie omdat hulle mense met integriteit was, is nie net onwetenskaplik nie, dis sommer plain stupid. Die idee dat seks binne die huwelik hoort, is maar net twee, hoogstens drie eeue oud. Vroulike seksualiteit is in Rut en Boas se tyd bepaal deur wette rondom besit. 'n Man mag dus nie seks hê met 'n ander man se vrou of dogter nie, want sy behoort aan iemand anders. Dieselfde reëls het nie gegeld vir geskeide vrouens of weduwees nie. En raai wat was Rut?

Dit is ook obvious dat voete 'n metafoor was vir die manlike geslagsdeel. Neem bv. Eksodus 4 [wie klink nou soos 'n dominee?], waar God vir Moses wou doodmaak. Sippora red vir Moses deur hom simbolies te besny: Sippora vat toe ‘n klipmes, sny haar seun se voorhuid af, raak daarmee aan Moses se voete en sê: "Jy is nou my bruidegom wat deur bloed beskerm word." Of Josua 10, waar Josua sy manskappe nooi om hul voete teen die krygsgevangenes se nekke te druk - amper soos wat die Amerikaners met hul krygsgevangenes gedoen het.


Ek het nie Thom se boek oor Dawid en Batseba gelees nie. Maar ek het een slag 'n preek gehoor waar die dominee gesê het die hele affair was Batseba se skuld omdat sy op die dak gebad het. &%$#! Dis waar mense gebad het! Die vraag is nie hoekom Batseba op die dak gebad het nie, maar wat Dawid op sy dak gesoek het as hy geweet het dis die tyd wat vroue bad. En Batseba het geen reg gehad om Dawid se aandag te weier óf te verwelkom nie.

6 Comments:

At 6:24 PM, Anonymous Anonymous said...

oom jaco thom is n goeie ou en sy bedoelings met wat hy doen in hierdie we^reld is regtig edel. daar is nie baie met soveel edele bedoelings op onse aarde oor nie.

ek ken hom persoonlik, moenie te hard oor die ou skryf nie asb, soos ek se^ die ou is n goeie ou.

Groete
KLAGAT

Wat het van Prof geword?

 
At 2:23 PM, Blogger Freddy said...

Dit maak vir my ok sin wat hy te se^ het oor die karakters binne die verhaal, en die gerigtheid daarvan... maar ek weet ook nie so mooi van "heilige ordening soos die huwelik minag" nie.

Wat betref BADseba: EK verstaan NOU hoekom my ma altyd so benoud geraak het as daai Breeze advertensie opgekom het. (Heel suggestief was die seep ook nog deursigtig)

Tot vdag toe soek ek n badkamer in die tuin, maar ons gemeente se eiendomskommissie is nie so opgewonde oor n tuinstort vir die pastorie nie.

 
At 12:04 PM, Blogger Do Kwang said...

In Batseba is daar onder meer 'n toneel waar Dawid en Batseba mekaar zaber in die Dooie See!

 
At 7:06 PM, Blogger Freddy said...

Maeree?

Ek raak benoud oor watter foto's ons more gaan sien as Maeree nie eers kans gehad het om haar blog oor die naweek in stand te hou nie.

 
At 10:28 AM, Blogger maeree said...

freddy freddy. ek stel voor dat jy jou eiendsomskommissie vra vir 'n borrelbad en kyk hoe vinnig hulle die stort bou. ek't 'n vriendin wat met 'n ds getroud is, wat altyd gedroom het dat hy 'n beroep kry na 'n spesifieke dorp in die Wes-Kaap. dié dorp het 'n massiewe pastorie. sy't altyd vertel hoe lekker sy hom in die pastorie se gange sal kan rondjaag.
ek is naweke afhanklik van dail-up. gevolglik hou ek my maar besig met ander dinge. maar soos jy kan sien, is daar geen foto's nodig nie. (elkgeval, mense wat in glashuise woon, moenie kla oor ander wat nie blog nie.)
do kwang, ek ken nie die woord "zaber" nie. maar moenie verduidelik nie! ek's seker my verbeelding is baie beter.
klagat, ek reken die ouderdom het vir prof ingehaal, toe tree hy af.

 
At 11:55 AM, Anonymous Anonymous said...

Dankie maeree

Soos altyd lekker om in te loer op jou blog.

Ek wonder watter pastorie in die Wes-Kaap sulke groot gange het,.....

Sal prof mis, was altyd n glimlag werd om sy stories te lees.

Groete
KLAgat

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za