Friday, August 04, 2006

Les geleer (of nie)

Dit reën nie vreeslik gereeld of vreeslik hard in ons hoekie van die land nie. Wanneer dit die slag wel reën
  • sluit die skole
  • sluit die besighede
  • gaan die krag af
  • spoel karre & mense weg
  • spoel paaie & huise weg

Ek dink nie dit reën veel meer as in die Wes-Kaap nie. Ons afvoersisteme is net nie so wonderlik nie.

Maar. Die ergste van alles is...

dit gebeur elke jaar.

7 Comments:

At 3:56 PM, Anonymous Anonymous said...

I NEE MAEREE!!!!


Jy klink nou net so n klagat soos ek!

Maar dit is waar,...

Groete
KLAGAT

 
At 4:04 PM, Anonymous Anonymous said...

Dit is nie dat die afvoersisteem van die Wes Kaap nie so wonderlik is nie, dit is meer n geval van dit is nie d..... onderhou nie.

Vergewe my Maeree en delete maar as dit te kras gestel is, maar ek is nou sommer driftig en vurig en moelik.

Groete
KLAGAT

 
At 8:58 AM, Anonymous Anonymous said...

Agulhas, Agulhas,......

goeie een

dankie

klagat

 
At 11:32 AM, Blogger maeree said...

nee klagat, jy lees verkeerd. ek sê die afvoersisteme in die wes-kaap is wonderlik. dis nie dat die afvoersisteme hier by ons (wat nie deel is van die wes-kaap nie)nie in stand gehou word nie, dis dat daar nog nooit afvoersisteme was nie.
ek lag nie vir die situasie nie, want ek ken die familie van 'n vierjarige dogtertjie wat dood is en daar is net té veel mense wat nou sonder blyplek is.
ek lag wel vir die feit dat ons elke jaar verbaas is oor die swaar weer.

 
At 7:05 PM, Anonymous Anonymous said...

Sorry maeree, ek het jou verkeerd verstaan. Aanvaar my verskoning asb.

Ek ken ook baie mense wat groot skade berokken is met oorstromings, maar in die wes kaap weens instandhoudingsprobleme vandaar my driftige reaksie

Groete
KLAGAT

 
At 12:39 PM, Blogger Do Kwang said...

Wie de hel los drie anonymous comments direk na mekaar op iemand anders se blog? Klagat, gaan drink 'n pil!

 
At 2:11 PM, Blogger maeree said...

willem, as jy nog foto's van die vloede wil sien, gaan kyk op algoafm se website. mens kan nog verstaan dat arm mense hul shacks noodgedwonge langs riviere bou, maar die res...

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za