Tuesday, August 08, 2006

Almal gaan hel toe, behalwe ek.

Nou gaan ek seker ook hel toe (hoewel ek baie seker is dat ek nie hel toe gaan nie), maar ek dink elke enkele kommentaar van ene Theunis op prof se salige rus onder "kreature" is skreeusnaaks.
My gunsteling: "Mense se weisheid is sotlikheid voor God."
Juis.

5 Comments:

At 3:25 PM, Blogger PienkZuit said...

Die snaakste is as mens vir Theunis sê jy's seker jy gaan nie hel toe nie, en dat hy maar daaroor kan ophou worry, jy wil net praat oor die kwessie ter sprake. Dan begin hy vir mens vertel wat jy glo, al het jy nog nooit vir hom gesê wat jy glo nie. Ek raak sommer opgewerk as mense so harkoppig weier om vir hulself te dink.

 
At 12:29 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek bly in sonde saam met my wederhelf so daai deep-frier in die hel wag vir my. Ek lag altyd lekker as sg Christene hammer op "ons mag nie oordeel nie", maar tog is Christene KONSTANT besig om vir hierdie of daai groep/kerk/tipe mense/mense wat goeters doen te sê dat hulle nie die cut gaan maak hemel toe nie. Om te glo is al lankal nie meer goed genoeg nie.

 
At 2:00 PM, Blogger Do Kwang said...

Lam, wie is die ooi in jou kooi?

 
At 4:14 PM, Blogger maeree said...

ja, maar het julle gesien dat wysheid verkeerd gespel is??

 
At 1:04 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek het my gat af gelag vir sy spelvernuf. Ek was lus om vir hom te skryf: "Theunis, meskien moed jei sommir vir jou 'n woordeboek optel wand hier skreiv ons darrim net te lekkir."

Ek kan nie glo dat niemand 'n sarkastiese lem daaroor na sy kant toe gewerp het nie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za