Wednesday, August 09, 2006

Vrouedag

Hi-Fi Corporation vier Vrouedag! Vandag - en nét vandag - kry jy 'n gratis mikrogolfoond as jy 'n skottelgoedwasmasjien koop.
Ek voel nou so spesiaal.

6 Comments:

At 12:18 PM, Anonymous Anonymous said...

WONDER maar net wat gaan die manne op mannedag kry en van wie,....miskien iets soos koop n paar plastiek handskoene vir skottelgoed was en kry n gratis Kook en Geniet!!!???

hie hie ha ha !!!
Groete
KLAGAT

 
At 2:22 PM, Blogger PienkZuit said...

Maak sin. As jy dan minder tyd gaan spandeer om skottelgoed te was kan jy dit maar net sowel gebruik om ietsie te kook in die mikrogolfoond. O, ek sien, jy was sarkasties...

 
At 12:35 AM, Blogger Lammervanger said...

Jy kan jou vistenk ontsmet in die mikrogolf terwyl jy die skottelgoedwasser gebruik vir skottelgoed. Die oond en strykplank is dan nog oop vir jou. Moet jy nie partykeer die kar was nie?

 
At 1:59 PM, Blogger Do Kwang said...

Daai link na Prof se salige rus hier regs werk nie. Wil jy nie eerder 'n link na MY blog opsit nie?
Moet mens 'n vrou wees om daai goed te kan koop? Ek glo vrou is 'n relatiewe term.

 
At 4:13 PM, Blogger maeree said...

pienk zuit, lammervanger: wat julle nie verstaan nie, is dat ek in afrika woon.

do kwang, ek wens ek het in polyandry geglo! ek dink ook alle gender terme is relatief.

 
At 5:06 PM, Blogger dai said...

ek wonder of ek ook my skoene sal moet inruil om daai blink kombuis toebehore te kry... dan's ek mos kaalvoet, in die kombuis... kort net 'n magie.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za