Friday, March 30, 2007

Pratchett Aanhalings is Altyd Relevant

“There may be a lot of things I’m not good at, but at least I don’t treat the punctuation of a sentence like a game of Pin the Tail on the Donkey…” Commander Samuel Vimes
"Ankh-Morpork people considered that spelling was sort of an optional extra. They believed in it in the same way that they believed in punctuation; it didn't matter where you put it, so long as it was there."

Thursday, March 29, 2007

PostSecret


Wednesday, March 28, 2007

Ek gebruik gou oor middagete my sekretaresse se rekenaar.

Hierdie post en hierdie een verwys.
Derde hardeskryf in nege maande.

Monday, March 26, 2007

Sig op Einde


Brain is nou heeltemal moeg getrek. Wanneer kan die dak tog natgemaak word?

Thursday, March 22, 2007

Nuuskuns

Soms verskyn daar prentjies in die Afrikaanse dagpers wat 'n saak net so ráák saamvat.


Hierdie prentjie deur ene Morné Schaap was in een of ander koerant.

Ek het dit gehou.

Alles wat ek nodig het om van die lewe te weet, het ek van 'n pakkie suiker geleer.

Spesiaal vir Freddy.

Tuesday, March 20, 2007

Mystic

Brain besig om oor die Skrif te mediteer

Onder leiding van Willem Nicol kon ek verlede week weer vir 'n paar dae fokus op die kontemplatiewe* Christelike tradisie. Tussen lang stiltes deur het ons geleer van Skrifmeditasie en Lectio Divina, die sogenaamde "Gebed van die Hart" (ook bekend as "Centering Prayer"), die "Daaglikse Bewussein" van St Ignatius en die "Jesus Gebed" (wat binne die Ortodokse tradisie natuurlik deel is van die Gebed van die Hart).

Een van my dominee-vriende (nie freddy nie) het my eendag daarvan beskuldig dat ek paninteïsties is. Ek weet nie lekker wat dit beteken nie, maar as dit beteken dat ek glo God is in alles (hoewel alles nie God is nie), dan dink ek dis 'n kompliment. Dit beteken ook dat ek mooi gereformeerd is volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis se algemene genade.

Ewenwel, die retrait was vir my 'n bevestiging van my spiritualiteit, waarin die kontemplatiewe tradisie natuurlik 'n belangrike rol speel. Ek kan egter nie die invloed van die keltiese tradisie onderskat nie. Van die heiligste oomblikke was terwyl ons in die veld rondgery het, terwyl ek gekuier het met mense vir wie ek lief is.

God is inderdaad in die stilte. God is ook in die renosters. En in die vriende.

* Ja, ja. Check the worry in my eye.

Statistiek

Ons behoort binne die volgende 24 uur te weet of 'n derde kennis van my vermoor is.
Ons bid nog dat dit nié die geval is nie.

Friday, March 16, 2007

Retraite

Die plek waar die retriate was.
Die kerkie waar ons gemediteer het.
Kameelperde mediteer nie.
Renosters ook nie.
Ek sal volgende week bietjie vertel van die retrait self. Nou gaan ek eers huis toe vir 'n vroeë naweek wat ek af het!

Friday, March 09, 2007

Leef nog

Ons is gelukkig nie gisteraand deur Nigeriërs vermoor nie.
Phew.

In onverwante nuus gaan ek volgende week van Maandag tot Donderdag op 'n retreat. Ek kan nie wag nie (en nee, nie omdat dit beteken die hoof van die huis moet al die uitpakwerk doen nie).

Wednesday, March 07, 2007

Trek


Koos Kombuis sing: "Almal wil 'n huisie by die see hê".
My sewe jaar in die paradys kom môre oggend om 8:00 tot 'n einde wanneer die vragmotor ons goedjies kom skuif na die einste Sentraal waaroor Special Assignment so aangaan.

Sunday, March 04, 2007

Platteland

Vars lug, reuse ou huise met honderde jare se karakter, hoenders wat kraai, die klank van 'n vendusie wat oor die vlaktes trek, springbokkies in die agterplaas... Ek dink die platteland is wonderlik. Die beste deel is egter die feit dat ek net vir vergaderings en vakansies daarheen moet gaan en nie daar hoef te woon nie.

Ek't nie gespot oor die springbok nie.

"Marike de Klerk Sentrum" (Jammer, ek moes die foto in die ry neem.)

Sien? Marike de Klerk Sentrum

Thursday, March 01, 2007

My Agterplaas



BlogAfrikaans.co.za