Tuesday, March 20, 2007

Mystic

Brain besig om oor die Skrif te mediteer

Onder leiding van Willem Nicol kon ek verlede week weer vir 'n paar dae fokus op die kontemplatiewe* Christelike tradisie. Tussen lang stiltes deur het ons geleer van Skrifmeditasie en Lectio Divina, die sogenaamde "Gebed van die Hart" (ook bekend as "Centering Prayer"), die "Daaglikse Bewussein" van St Ignatius en die "Jesus Gebed" (wat binne die Ortodokse tradisie natuurlik deel is van die Gebed van die Hart).

Een van my dominee-vriende (nie freddy nie) het my eendag daarvan beskuldig dat ek paninteïsties is. Ek weet nie lekker wat dit beteken nie, maar as dit beteken dat ek glo God is in alles (hoewel alles nie God is nie), dan dink ek dis 'n kompliment. Dit beteken ook dat ek mooi gereformeerd is volgens die Nederlandse Geloofsbelydenis se algemene genade.

Ewenwel, die retrait was vir my 'n bevestiging van my spiritualiteit, waarin die kontemplatiewe tradisie natuurlik 'n belangrike rol speel. Ek kan egter nie die invloed van die keltiese tradisie onderskat nie. Van die heiligste oomblikke was terwyl ons in die veld rondgery het, terwyl ek gekuier het met mense vir wie ek lief is.

God is inderdaad in die stilte. God is ook in die renosters. En in die vriende.

* Ja, ja. Check the worry in my eye.

11 Comments:

At 1:57 PM, Anonymous Anonymous said...

Is die wildsplaas vernoem na die Zwahili frase vir dankie?

 
At 4:42 PM, Blogger Freddy said...

Ek het nogal gedink: Al wat kort langs die Brain, is Pienk Zuit. Dis tog hoe die storie gaan..?

 
At 6:21 PM, Anonymous Anonymous said...

hehe freddy

maeree - bedoel jy nie pantheism nie?

 
At 10:05 PM, Anonymous Anonymous said...

Freddy, waarvan praat jy? Vir eens vang en nie jou grappie nie; en dit sal my pla tot ek dit vang.

 
At 2:14 AM, Blogger Lammervanger said...

Pinky Pienk Pinky!

 
At 3:56 AM, Anonymous Anonymous said...

Guns asseblief. Gaan registreer jou blog by BlogAfrikaans. My werkrespyt en getalm op die blogosphere is besig om ongesonde afmetings aan te neem. As almal mooi op een blad gekonsentreer is, dan kan ek maklik sien wanneer daar nuwe inskrywings van my gunsteling blog-persoonlikhede is en miskien nog steeds regkry om in die regte wêreld te funksioneer.

 
At 12:53 PM, Anonymous Anonymous said...

Aaaah, Pinky and the Brain. Nie rocket science nie is dit?!

 
At 4:53 PM, Blogger Freddy said...

Flou grappies is die beste.

 
At 10:05 AM, Blogger maeree said...

johan - nee, ek bedoel panENteïsme:
"Panentheism is the theological position that God is immanent within the Universe, but also transcends it. It is distinguished from pantheism, which holds that God is synonymous with the material universe."

 
At 1:46 PM, Anonymous Anonymous said...

Ek is bly jy is terug. Die lewe is baie lekkerder as jy aktief op die blogosfeer is.

 
At 9:02 PM, Anonymous Anonymous said...

maeree - ah :)

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za