Thursday, November 30, 2006

Whoo-hoo!



Baie geluk Suid-Afrika en alle gay paartjies wat wil trou (maar natuurlik nie hoef nie). Dis amptelik.


Wednesday, November 29, 2006

Ek is reg en die res is verkeerd.

Ek dink die hele gesprek "godsdiens vs wetenskap" is so laas millennium.

Dit was 'n relevante gesprek tydens die verligting in die 19de eeu (m.a.w. in die 1800's). Nou is dit egter die speelveld van diegene wat verknog is aan rasionaliteite wat kenmerkend was van die vorige eeu.

'n Vriend beweer ek is onredelik. Elke keer wat iemand vir die eerste keer met inligting oor godsdiens vs wetenskap gekonfronteer word, is dit vir hulle nuut. Gevolglik sal die gesprek aanmekaar van voor af gevoer word.

Ek dink nie so nie. Ek dink ons verstaan van realiteit en waarheid het so verander dat ons sulke inligting in ons stride vat. Godsdiens is nie wetenskap nie, wetenskap is nie alles nie en waarheid is nie een nie.

Tuesday, November 28, 2006

Quote of the Day

"There is no pleasure in having nothing to do; the fun is in having lots to do and not doing it." - Mary Wilson Little

Friday, November 24, 2006

Die Waarheid

Dorothy vra, ons reageer. En ek gaan eerlik wees, want ek is wragtag nie skaam nie.



In my handsak is:
  • 2 x wit pilletjies van onbekende oorsprong
  • huis- & karsleutels (met een sleutel wat ek nie kan onthou wat dit oopsluit nie)
  • lekkergoedpapiertjie met die woorde "marry for friendship not for love"
  • haarknippie
  • R1,30 se kleingeld
  • skoenlappertjie aan 'n kraletjie wat van 'n armband afgebreek het
  • iPod shuffle
  • band waarmee mens selfoon om jou nek hang (tragiese goed daardie)
  • beursie (waarvan die inhoud 'n post op sy eie verg)
  • 'n sakkie Cafe Latte poeier vir noodgevalle
  • 2006 kalender
  • 2007 kalender
  • dagbeplanner (waarvan die inhoud 'n post op sy eie verg)
  • selfoon
  • kantoorsleutels (4 sleutels van onbekende oorsprong)
  • handspieëltjie
  • 'n pakkie papiertjies wat seep word as dit nat word
  • tampon (waarvoor weet ek nie. Ek het dit jare laas benodig.)
  • Clinique stay-matte oil-blotting sheets
  • deodorant
  • Advil
  • Homeopatiese hooikoors pilletjies
  • Homeopatiese hoofpyn stafie
  • naelfyl
  • tissues (ook bekend as sneesdoekies)
  • pleister
  • 2x pantyliners
  • nog 'n handspieëltjie
  • consealer
  • klein botteltjie Cartier déclaration parfuum
  • klein botteltjie Chanel Chance
  • haarrekkie
  • Justine Tissue Oil Lip Therapy (in Plum)
  • Maybelinge 3 in 1 Express Makeup
  • pen
  • kamera

9 van bogenoemde items gebruik ek gereeld.

Die kamera se batterye is pap. Moenie bekommerd wees nie, Lily kom nog!

Thursday, November 23, 2006

Blogger Beta

Do Kwang wil graag weet van Blogger Beta.
Ek het nog nie 'n indiepte studie gedoen nie. Al wat ek kan gee, is 'n oorsig van my eerste ervarings:
  • wanneer mens die kommentaar op 'n blogger beta blog oopmaak, kom daar 'n venstertjie wat s^e dit bevat secure en nonsecure items en wil jy albei sien. teen die tyd wat ek "ja" gekliek het, het ek al vergeet waarmee ek besig was.
  • ek moet in log elke keer wat ek kommentaar op iemand se blog wil los.
  • my Blogger ID is geskuif na my Google ID. Huh? Ek weet ook nie. So, ek tik username en password in, maar nee, dis verkeerde ID.
  • wanneer die ID uiteindelik aanvaar word, is die kommentaar wat ek neeeeetnou gelos het, weg.
  • www dot blogger dot com werk ook nie meer nie. Nou moet ek na 'n ander site gaan, waarvan ek die naam aanmekaar vergeet. Die bladsy waar ek arriveer, is tans nog vir my verwarrend en irriterend. Dit maak seker meer sin as die vorige een, maar ek het regtig nog nie tyd/lus/krag gehad om dit te probeer uitfigure nie.

Enige skuif na enige iets nuuts is altyd effens irriterend, aangesien jy moet gewoond raak aan nuwe knoppies op nuwe plekke. Is hierdie skuif die moeite werd? Aangesien ek per ongeluk geskuif het, kan ek nog nie s^e nie. Tans irriteer dit my net. Dalk kan Pienk Zuit vertel van sy ervaringe?

Dis my bydrae vir hierdie week tot die welstand van die mensdom.

Tuesday, November 21, 2006

Die Onsigbare Lyn

Daar is 'n lyn van sosiale aanvaarbaarheid (nie 'n tou nie), 'n onsigbare lyn van wat jy mag sê en doen... en wat nie.
My disorder (ek werk nog aan 'n wetenskaplike naam daarvoor) veroorsaak dat ek eenvoudig nie daardie lyn kan raaksien nie. Ek weet nooit wanneer ek te ver gegaan het nie. Ek leef in konstante* vrees vir "Die Lyn": Was daardie grappie net mooi een te veel? Was hierdie aanmerking die een wat alle sosiale konvensies geskandaliseer** het? Was dit nou die laaste strooi wat my in die Huisgenoot of - hyg! - Son gaan laat beland?
Ek is 'n diplomatieke disaster.
En verhoudings! Fyngevoelige mense kom altyd met interessante wonde aan die ander kant uit wanneer ek met my disorder oor hulle gestorm het. Met die mooiste bedoelings op pad na die hel.
Nou ja.
Wil enigiemand 'n foto van Lily sien?
*Okay, miskien nie so konstant nie.
** Klink soos 'n anglisisme. Oops.

Loot

Wat ek vir my verjaardag gekry het:
  • Blomme (by my personeel)
  • Sjokolade (by my sekretaresse)
  • Boek: "Tsotsi Evangelie" (by my ouers)
  • Gjeld (by my grootouers - nie veel nie though, hulle is bietjie agter met inflasie)
  • Koekvurkies (vriendin)
  • Juweliersware (ander vriendin)
  • Perfumed Drawer Liners (kollega se vrou)
  • Carcassonne Traders & Builders Expansion Pack (by die hoof van die huis)
  • Mini Mile High Kit (don't ask)
  • LILY! (by die hoof van die huis)

Friday, November 17, 2006

The Wee Free Men

"Zoology, eh? That's a big word, isn't it?" "No, actually it isn't," said Tiffany. "Patronizing is a big word. Zoology is really quite short."
Terry Pratchett

Tuesday, November 14, 2006

Scorpio Smorpio

Scorpions are known for their intense and powerful natures. They are willful, proud and calm with an electrifying undercurrent of seething intensity. Their demeanor is dignified and reserved, affable and courteous, and many have a gaze that is both direct and penetrating. Their secretive natures make them natural detectives. Many Scorpios possess a suspicious outlook, and need to know the reasons behind everything. Their sensitivity, and pride allow them to be easily hurt, quick to feel insult or injury, even when none is intended, and easily roused to heights of anger. An angry Scorpio is a sight to see. When they harness their abundant energy constructively, their self-confidence tempered with shrewdness, and their ambition coupled with generosity toward others, they excel at whatever they undertake. No middle ground for a Scorpio, all or nothing. They are serious folk, but quite charming to people they like, and when social events call for it. Their tragic flaw is their immense pride. Once wronged, once Scorpio's pride has been diminished, the game of courtesy is over.

Ek het geen gewetensbeswaar teen astrologie nie, maar bogenoemde is loutere twak. EK IS NIE SO NIE!

Saturday, November 11, 2006

Finaal


Many animals masturbare. Chimps and monkeys have been observed fondling themselves and even giving themselves oral sex. Elephants have been known to use their trunks. Dolphins also like rubbing themselves against things and keepers often make sure suitably rough objects are left in their tank for this purpose. Other animals also use tools. On one occasion a porcupine was observed masturbating with a stick held in its paws. Male red deer have a curious masturbatory habit; at certain times of the year their antlers become very sensitive and repeatedly rubbing the tips against foliage stimulates an ejaculation.

Friday, November 10, 2006

Bonus

Isaac Newton, Hans Christian Andersen, Immanuel Kant and Lewis Carrol all died virgins.

Moral of the story?

Waarom vroue van skoene hou

During the Middle Ages a popular type of shoe was the 'poulaine'. These had enormously long pointed toes that were often stuffed with moss to stiffen them. Apparently one of the attractions of wearing poulaines was the variation on 'footsie' you could play under the table. It's said that men often wore them to banquets so they could stick them under the dress of a woman sitting opposite and tickle her between the legs.

Thursday, November 09, 2006

Elke diertjie haar plesiertjie

In 1993 a Hereford man was given eighteen months for having sex with the pavement. Two years later he was put on three years' probation for simulating public sex with a bin liner.

In 1992 a forty-four-year-old Pennsylvanian judge promised to let criminals off if they let him shampoo their hair.

An "acrophiliac" is someone with an erotic fixation about heights.

Axillism is sexual attraction to armpits.

In 1992 a twenty-two-year-old man was treated for his sexual attraction to his Austin Metro.

A Los Angeles man was arrested in 1981 for sneaking under the tables at the university library and painting women's toenails.

Wednesday, November 08, 2006

Vervolg

In the nineteenth century the Aboriginal Wallabri tribe shook penises instead of hands on ceremonial occasions.

In some parts of New Guinea pulling someone's penis is a sign of goodwill.

In 1992 a Cincinnati surgeon was fired for drawing "smiley faces" on the penises of two unconscious patients.

Tuesday, November 07, 2006

Tema van die week


"The record for the most reproductive organs goes to the tapeworm. The bodies of tapeworms are meade up of hermaphrodite segments equipped with the organs of both sexes. The largest tapeworm on record was 70 metres long and made up of over 11 000 segments, giving it a grand total of 22 000 individual organs."

PienkZuit se kersfeeslysie het my geïnspireer om 'n paar tidbits uit dié boek te deel. Ons het dit 'n jaar of wat gelede by 'n vriendin en haar man persent gekry vir Kersfees. (Waarskuwing: Ek beoog om elke dag hierdie week 'n aanhaling uit hierdie boek te post. As jy voel jy's bietjie jonk daarvoor, kom volgende week weer terug.)

Monday, November 06, 2006

Nog 'n rede hoekom ek wens ek was terug in Swede

Die Swede is nie regtig so mooi soos wat mense dink nie. Maar hulle design is, soos wat bloute my nou weer herinner, asemrowend.

My gunsteling is LELO. As ek eendag groot is, wil ek graag vir lily hê.

Friday, November 03, 2006

Wings


And this had been the way things were for as far back as the frogs could remember.*

*About three seconds. Frogs don't have good memories.

-Terry Pratchett

Thursday, November 02, 2006

Afrikanerbond

Ek weet regtig nie hoe om te reageer as 'n broeder trots vir my vertel dat hy lid is van die Afrikanerbond (néé Broederbond) nie. Is dit nou ewe skielik 'n goeie ding? Moet ek nou dat hulle 'n website het, hulle nie meer verag nie? Het ek werklik enige goeie rede om hulle wel te verag?

Wednesday, November 01, 2006

Ek voel skoon dronk

BlogAfrikaans.co.za