Sunday, April 29, 2007

Uitstedig

Ek hang vir so paar daggies in OppieTrap se stad stad uit.
Miskien kom dit tot iets.
Miskien kom dit tot niks.
Beide sal goed wees.

Friday, April 27, 2007

Wellustig in die Tagtigs

Gepraat van musiek (en geïnspireer deur die Lammervanger se treffersparades)...

Toe ek 'n tiener was, was Alannah Myles se Black Velvet vir my dié sexyste liedjie denkbaar.
In die negentigs was dit D'Goya se I Go To Bed.
Deesdae vind ek dat musiek nie meer dieselfde effek op my het nie (hoewel ek steeds dink dat beide liedjies baie sexy is). Ek wonder wat het verander?

Thursday, April 26, 2007

Draagbare rus vir die siel


Ek het 'n tydjie gelede Arvo Pärt se Alina gekoop. Nou dra ek dit oral met my saam en luister dit stukkend. Dis in presiese resonansie met my siel. Luister dit en voel hoe die musiek van jou 'n beter mens maak!

"Arvo Pärt's Alina follows a simple-enough formula. Two stark instrumental works from the master of holy minimalism repeat each other, each time slightly different. But the blissful results--quiet, haunting, and thoroughly hypnotizing--meld to create one of classical music's best albums of 2000. It's as intense and sublime as contemporary classical music can be. --Jason Verlinde"

Wednesday, April 25, 2007

Ek sterf op Donderdag, 30 Januarie, 2048


As jy wonder hoeveel sekondes jy nog het om te leef, gaan kyk hier.

Tuesday, April 24, 2007

Vyf Dinge

Johan het dit weer begin. Ek weet van reaksies hier en hier en hier en hier en hier. Dus, 5 goed wat niemand wat hier lees van my weet nie:

1. Ek het nie geheime nie.

Monday, April 23, 2007

Gelukkig was dit gratis

Ek was vandag by 'n lesing waar daar o.a. gesê is

"Mans gee om te ontvang. (So gee hulle byvoorbeeld ook hul saad en ontvang 'n nageslag.)
Vrouens ontvang om te gee."

Aaaaag kak man! Die tipe mans wat hierdie twak kwytraak en glo, doen dit net om hulleself beter te laat voel oor hul eie selfsugtigheid.

Thursday, April 19, 2007

Wat is geel en lê in 'n bedjie?


'n Siek suurlemoentjie.


(Dis my gunsteling grappie, asook die rede waarom ek vandag by die huis is.)

Wednesday, April 18, 2007

Bibliofiel

Ek wil ook hierdie boek hê:

En hierdie een:

The Fisher King and the Handless Maiden

Ek het járe gelede "The Fisher King and the Handless Maiden" gelees, maar dit glad nie verstaan nie. Ek wonder of die tyd nie nou aangebreek het om dit weer te probeer nie?

"In this book Robert A. Johnson juxtaposes the wounded Fisher King from the Parsifal myth and the Handless Maiden (a tale interpreted by Clarissa Estés in Women Who Run with the Wolves and by Marion Woodman.)

The fisher king wound is in the male, generative, creative part of a man’s being. The wounding of the feeling function is the price we have paid for the cool, precise, rational and scientific world we have won at so high a cost. The wounded person finds live bearable only when engaged in some contact with the unconscious, through activities like poetry, artistry, teaching and healing. They do not heal the dreadful wound, but they make life bearable while one makes his way to the true healing.

The handless maiden’s wound is also in her generative and feeling part, but it results in an inability to do in the world. This may be due to patriarchal culture, but as Marion Woodman points out, a woman’s inner masculine can be as great a tyrant as any man! She loses her hands after her father makes a bargain with the devil for material wealth. Similarly, our materialistic, machine culture is destroying the woman and the man’s inner feminine. To gain a bargain, like material comfort and luxury, at the expense of some inner value is extremely dangerous.

The solution is to take the suffering inside as an interior event, instead of blaming other people or institutions for the problem. There, we can work on it and undertake our process of healing."

Tuesday, April 17, 2007

Foto, soos beloof


Moet nét nie dat die oënskynlike onskuld/rustigheid jou flous nie.

Monday, April 16, 2007

Ek verkies privaatheid.

Blykbaar is daar oor my gepraat op radio sonder mense.
Gmph.
As ek beroemd/berug wou wees, sou ek 'n joernalis geword het.

Saturday, April 14, 2007

My ma se kind se kat

Ek het uiteindelik katjies gekry. Twee. Voorlopige naam van "Nala" en "Impi" onderskeidelik. [Foto sodra albei lank genoeg stilsit.]
Ek het minstens drie goed geleer:

1) Maak nie saak hoeveel keer jy in die nag 'n katjie van jou bed afgooi nie, sy/hy sal altyd terugkeer om te hap aan jou oor/neusgat/bors/elmboog/boud/toon*.
2) As jy oulik genoeg is, kan jy met bykans* enigiets wegkom.
3) My besluit om nie kinders te hê nie, was die regte een.

*Ek leef in opgewonde afwagting vir die oomblik wat een van hulle die hoof van die huis aan die voet beetkry. Is sommer reeds histeries van die lag. Die hoof van die huis beweer dit gaan nie snaaks wees nie, maar tragies: in 'n breukdeel van 'n sekonde sal daar 'n nat rooi kol teen die plafon verskyn. Ek weet darem nie... ek dink nog steeds dis vrek snaaks.

Friday, April 13, 2007

Oppietrap

Vir diep nadenke oor spiritualiteit, teologie en menswees, asook van die mooiste foto's op die blogosfeer (waar kry sy die goed?) gaan kyk hier.

Thursday, April 12, 2007

Markus 5


Hulle het oorkant die see in die land van die Geraseners aangekom. Net toe Jesus uit die skuit klim, het daar van die grafte af ‘n man met ‘n onrein gees Hom tegemoet gekom.

Die man het tussen die grafte gebly. Niemand kon hom selfs met ‘n ketting vasbind nie, want hulle het hom al dikwels met voet-en handboeie vasgemaak, maar dan ruk hy die handboeie uitmekaar en skop die voetboeie stukkend. Niemand kon hom baasraak nie. Hy was dag en nag aan die skreeu tussen die grafte en in die berge, en dan kap hy homself met klippe.

Hy het Jesus al van ver af gesien en nader gehardloop. Hy het voor Hom neergeval en hard geskreeu: "Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U: In Gods Naam, moet my nie pynig nie!" want Jesus het vir hom gesê: "Onrein gees, gaan uit die man uit!"

Jesus het hom toe gevra: "Wat is jou naam?"

"My naam is Legio," antwoord hy Hom, "want ons is baie."

Die man het Hom toe ernstig gesoebat om hulle nie uit die landstreek uit weg te stuur nie. Daar naby teen die berg het ‘n groot trop varke geloop. Die onrein geeste het Hom toe gesmeek: "Stuur ons na die varke toe, sodat ons in hulle kan invaar!"

Hy het hulle dit toegelaat, en hulle het uitgegaan en in die varke ingevaar. Die hele trop van omtrent twee duisend het op loop gesit teen die hang af, die see in, en hulle het versuip.

Ongeveer tweeduisend jaar later roep nog 'n onrein gees: "My naam is Legio, want ons is baie."

Hierdie keer is Jesus nêrens in sig. Tog het niemand enige rede tot kommer nie! Nicolas Cage is daar en hý het 'n haelgeweer.

Koebaai Legio.

Wednesday, April 04, 2007

Geseënd

Die hoogtepunt van Paasfees is nie die sjokolade nie.
Die hoogtepunt van Paasfees is nie die sjokolade nie.
Die hoogtepunt van Paasfees is nie die sjokolade nie.
Die hoogtepunt van Paasfees is nie die sjokolade nie.
Die hoogtepunt van Paasfees is nie die sjokolade nie.
Die hoogtepunt van Paasfees is nie die sjokolade nie.
Die hoogtepunt van Paasfees is nie die sjokolade nie.

Monday, April 02, 2007

Maak die wêreld vandag nog beter.



www.freehugscampaign.org

Vir Salige Rus.

BlogAfrikaans.co.za