Saturday, April 14, 2007

My ma se kind se kat

Ek het uiteindelik katjies gekry. Twee. Voorlopige naam van "Nala" en "Impi" onderskeidelik. [Foto sodra albei lank genoeg stilsit.]
Ek het minstens drie goed geleer:

1) Maak nie saak hoeveel keer jy in die nag 'n katjie van jou bed afgooi nie, sy/hy sal altyd terugkeer om te hap aan jou oor/neusgat/bors/elmboog/boud/toon*.
2) As jy oulik genoeg is, kan jy met bykans* enigiets wegkom.
3) My besluit om nie kinders te hĂȘ nie, was die regte een.

*Ek leef in opgewonde afwagting vir die oomblik wat een van hulle die hoof van die huis aan die voet beetkry. Is sommer reeds histeries van die lag. Die hoof van die huis beweer dit gaan nie snaaks wees nie, maar tragies: in 'n breukdeel van 'n sekonde sal daar 'n nat rooi kol teen die plafon verskyn. Ek weet darem nie... ek dink nog steeds dis vrek snaaks.

4 Comments:

At 9:18 PM, Blogger Freddy said...

Ek dink Hvdh se vrese oor die rooi plafonkol is nie nodig nie. Sover ek weet, byt die klein katjies nie so diep nie.

 
At 2:34 AM, Blogger Lammervanger said...

Watse soort katte is dit?

 
At 5:19 PM, Blogger Oppietrap said...

prrrrr! Kry ek darem nou lekker met die streel so agter my ore in jou vorige post.

Anyway, interessant die kat-vrou-kombinasie wat darem al 'n langpad loop in die mitologie. Die noorse godin Freia, godin van passie, was geteken met 'n kat; die Grieke (of was dit ROmeine) het 'n kat/vrou gehad; en die Egiptiese godin wat ander vroue moes beskerm was halfies vrou-halfies kat. Die Hindu's het 'n godin gehad wat op 'n kat se rug gery het van kraamsaal na kraamsaal om baba's veilig die wereld in te bring. Dus, jou katterigheid loop selfs deur die bo-wereld (of is dit onder-wereld!)

 
At 4:09 PM, Blogger maeree said...

lammervanger, dis pavement specials.

oppietrap, hier is nou 'n ding wat ek graag verder sou wou bestudeer! dit lyk tog asof daar 'n verbintenis is tussen katte en (gevaarlike) vroulike mag. ek dink bv ook aan die hekse, wat op 'n besem (hint hint nudge nudge) gevlieg, kaal gedans en swart katte gehad het.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za