Thursday, April 12, 2007

Markus 5


Hulle het oorkant die see in die land van die Geraseners aangekom. Net toe Jesus uit die skuit klim, het daar van die grafte af ‘n man met ‘n onrein gees Hom tegemoet gekom.

Die man het tussen die grafte gebly. Niemand kon hom selfs met ‘n ketting vasbind nie, want hulle het hom al dikwels met voet-en handboeie vasgemaak, maar dan ruk hy die handboeie uitmekaar en skop die voetboeie stukkend. Niemand kon hom baasraak nie. Hy was dag en nag aan die skreeu tussen die grafte en in die berge, en dan kap hy homself met klippe.

Hy het Jesus al van ver af gesien en nader gehardloop. Hy het voor Hom neergeval en hard geskreeu: "Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U: In Gods Naam, moet my nie pynig nie!" want Jesus het vir hom gesê: "Onrein gees, gaan uit die man uit!"

Jesus het hom toe gevra: "Wat is jou naam?"

"My naam is Legio," antwoord hy Hom, "want ons is baie."

Die man het Hom toe ernstig gesoebat om hulle nie uit die landstreek uit weg te stuur nie. Daar naby teen die berg het ‘n groot trop varke geloop. Die onrein geeste het Hom toe gesmeek: "Stuur ons na die varke toe, sodat ons in hulle kan invaar!"

Hy het hulle dit toegelaat, en hulle het uitgegaan en in die varke ingevaar. Die hele trop van omtrent twee duisend het op loop gesit teen die hang af, die see in, en hulle het versuip.

Ongeveer tweeduisend jaar later roep nog 'n onrein gees: "My naam is Legio, want ons is baie."

Hierdie keer is Jesus nêrens in sig. Tog het niemand enige rede tot kommer nie! Nicolas Cage is daar en hý het 'n haelgeweer.

Koebaai Legio.

5 Comments:

At 11:24 PM, Anonymous Anonymous said...

hehehe shotguns 0wnz

 
At 4:22 AM, Blogger Lammervanger said...

Wis uit!

 
At 9:43 AM, Blogger dorothy said...

i've heard this is a very bad movie - what did you think?

 
At 1:59 PM, Blogger maeree said...

dorothy, it is very bad. we had a long conversation about the suspension of disbelief afterward. want dis presies waar die fliek faal. veral wanneer flieks met chirstelike mitologie rondspeel, sukkel ek met die suspension of disbelief ding. weet nie of dit dieselfde sal wees vir mense wat nie my verbintenis aan die christelike mitologie deel nie.

 
At 5:38 PM, Blogger Oppietrap said...

Gaan scan bietjie deur die artikel by
http://www.abc.net.au/rn/religionreport/stories/2007/1864844.htm#transcript
Erg lange artikel, maar baie goed. Oor die Jesus in Markus. Hierdie ou het challenging kritiek wat enige nadenkende christen op sy/haar tone hou.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za