Monday, April 23, 2007

Gelukkig was dit gratis

Ek was vandag by 'n lesing waar daar o.a. gesê is

"Mans gee om te ontvang. (So gee hulle byvoorbeeld ook hul saad en ontvang 'n nageslag.)
Vrouens ontvang om te gee."

Aaaaag kak man! Die tipe mans wat hierdie twak kwytraak en glo, doen dit net om hulleself beter te laat voel oor hul eie selfsugtigheid.

11 Comments:

At 9:57 AM, Blogger Oppietrap said...

Ek ONTVANG enige tyd sy geld en GEE dit graag uit. Dit kom al te natuurlik by my!

 
At 1:48 PM, Blogger Freddy said...

My vrou sou nogal saamstem. Ek GEE haar "grief" sodat ek haar "grief" kan ONTVANG.

 
At 8:08 PM, Blogger BatCat81 said...

Is altyd vir my interesting hoe iemand iets kan se wat klink asof hy nou die lewe (en in hierdie konteks mans en vrouens) uitgefigure het. Inderdaad nogals k@k...

 
At 10:10 AM, Anonymous Anonymous said...

Dit maak omtrent soveel sin soos "rondslaap is deel van my kultuur".

 
At 1:43 PM, Anonymous Anonymous said...

Gratis!? Wat, hulle moes Jou eerder betaal om die lesing by te woon.

 
At 2:36 PM, Anonymous Anonymous said...

vergun my die geleentheid om te beaam:

KAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAK

 
At 2:57 PM, Anonymous Anonymous said...

Ek wonder nog altyd oor die hele Onderdanigheidsidee.

Ek skryf dit af as 'n kontekstuele ding (soos kopbedekkings ens.), of interpreteer dit as 'n twee-rigtingidee en haal diep asem wanneer ek dit uit die monde van oldschool dominee's by troues hoor.

 
At 4:31 PM, Blogger Oppietrap said...

Kry mens nog oldschool dominee's? Dag dis saam met apartheid verbied.

 
At 11:22 AM, Blogger maeree said...

carien, ou paulus was eintlik erg radical. hy begin eers deur te sê vrouens moet onderdanig wees - sit sy gehoor op hulle gemak, sodat hulle nie reeds op hul agterpote is wanneer die eintlike punt kom nie. amper soos 'n suikerlagie...
dan raak hy hierdie ding kwyt wat dodelik radical was in sy tyd: mans moet hul vrouens liefhê! (vrouens was besittings, die produk van ekonomiese transaksies.)
en dan gaan hy verder en sê (... wait for it...) dat mans en vrouens aan mekaar moet onderdanig wees.
dis so radical, ons glo dit tot vandag toe nie.

 
At 1:24 PM, Anonymous Anonymous said...

Oppietrap, jip, daar is nog 'n paar sulke dominee's daarbuite. Dan is daar dominee's wat niks daaroor te sê het nie. Daar is ook die hele semi-fundamentalistiese charismatiese beweging wat opnuut vroue-onderdanigheid verkondig...Asook sulke flippen snert soos "mans ontvang en vrouens gee".

Met die gevolg dat ek net nie meer kerk toe gaan nie.

Maeree, dankie. So jy stem saam dis 'n twee-rigting idee...

 
At 4:53 AM, Blogger amanda said...

so van fundamentalistiese charismatiese bewegings gepraat...doen jouself ;n guns en kry die DVD van 'n dokumenter genaamd: "Jesuscamp". Dis die scarieste movie wat ek in 'n langtyd gesien het.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za