Friday, July 06, 2007

Een ding lei tot 'n ander


Die vriendin wat sing vertel nou die dag dat sy en die geliefde dit gedoen het in die Vatikaan. Regtig. Hulle was op 'n toer toe die begeerte hulle skielik oorval het. Gevolglik het hulle 'n verlate plekkie gesoek en... voila!

So, ter viering van alle vorme van die liefde, vertel tog: wat is die interessantste plek waar jy al seks gehad/gevry het? LET WEL: Hierdie is nie 'n kompetisie nie! Dit is duidelik dat die vriendin wat sing reeds gewen het en die res van ons maar net gemoedelik ons wedervaringe kan deel.

Om die spreekwoordelike bal aan die rol te kry, sal ek begin:
Hugenote Hoƫrskool (Wellington) se skoolswembad.
En die Lammervanger het dit al in 'n vliegtuig se badkamer gedoen (volunteer ek maar, aangesien hy weg is.)

En jy?

13 Comments:

At 5:58 PM, Blogger Oppietrap said...

Wel, oor die lekker vry het ek toevallig gister self geskryf. Die interessantste plek van seks? 'n Ferry op die Bosvoros in Istanbul, met mure wat papierdun was en die deur nie van kon sluit nie. En dit nie 'n privaat cabin was nie. (Herre, ek't oud geword, sal dit nooit vandag eers oorweeg nie).

 
At 3:16 PM, Anonymous Anonymous said...

In die kabelkarretjie, besig om Tafelberg te bestyg.

 
At 5:21 PM, Blogger Freddy said...

Bertus! ! Was dit die NUWE karretjie? Dit moes gou wees.

Wel, EK het die kerk se sleutels. So ek en my vrou het al daar gaan ... sing.

 
At 10:07 PM, Anonymous Anonymous said...

O, en een keer agter die counter van die Calamari King in Canal Walk.

 
At 5:02 PM, Blogger Oppietrap said...

Bertus, breg jy?

 
At 7:09 PM, Anonymous Anonymous said...

En een keer op Laingsburg.

 
At 8:44 AM, Blogger Oppietrap said...

Okay, jy breg.

 
At 10:14 AM, Anonymous Anonymous said...

In die dames badkamers van Woking se family planning clinic. (ok, nie rerig nie, maar nou dat ek daaroor dink sou dit nogal kon gewerk het).

 
At 10:18 AM, Anonymous Anonymous said...

Freddy, ek hoop julle kerk het kussing op die banke, want ek kan aan 'n paar kerke dink waar die banke net te hard en koud is.

 
At 10:49 AM, Anonymous Anonymous said...

Freddy se kerk storie het my nou hieraan laat dink.

 
At 12:18 PM, Anonymous Anonymous said...

My gewete knaag nou te erg: Eintlik het ek gelieg oor die kabelkarretjie.

 
At 12:49 PM, Blogger Oppietrap said...

I knew it, I knew it! En daai quickie agter die toonbank klink ook maar verdag. Laingsburg? Wel, wat anders is daar om te doen!

 
At 9:52 AM, Blogger maeree said...

ek dink bertus! het die loophole raakgesien.

freddy, ek het al gewonder of dominees dit doen. ek het aangeneem "nee", agv die 800 ander mense wat sleutels van kerke het.

zuit, daai link is so snaaks! ALMAL VAN JULLE, GAAN LEES DIT! (Of dalk moet jy dit op jou blog post, zuit?)

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za