Friday, June 15, 2007

Ek glo, daarom is ek [deurmekaar]


Ek wonder nogal oor die idee dat godsdiens vir ons moet "werk".
Dit voel vir my so al asof ons selfs verbruikers van godsdiens is.

My godsdiens "werk" beslis nie vir my nie. Soms troos dit my, maar meestal pla dit my, challenge dit my, trek dit my uit my sekerhede en tevredenheid uit, daag dit my uit, jaag dit my soos die tadisionele "hond van God". Maar ek kan myself eenvoudig nie help nie - dit bly deel van my (worstelende) wese. Dis wie ek is. Of eerder: wie ek word. Dis vervleg met my wese. Dis die storie waaraan ek behoort.

Ek wil dit geen ander manier hĂȘ nie.

3 Comments:

At 4:51 PM, Anonymous Anonymous said...

Ja, maar soms kry ek die idee ons soek net sommer 'n pak omdat ons voel iets is nie die moeite werd as dit nie 'n gesukkel afgegee het nie.
Nogtans stem ek saam dat die kerk morsig is en dat dit juis daarom is dat mens betrokke moet wees - veral as jy nie met alles saamstem nie, want so word jy gechallenge om te groei.

 
At 3:54 PM, Blogger maeree said...

rus, jy's heeltemal reg - oor die gesukkel en die kerk.
maar dis nie heeltemal waarvan ek praat nie. ek het dit spesifiek oor geloof wat vir ons moet "werk". te midde van my struggles, het ek ongetwyfeld (meestal) vrede. maar ek besit nie my geloof nie. dit besit my. dis nie 'n kommoditeit wat vir my moet werk nie.

 
At 1:26 PM, Blogger Nico said...

...eish. Ek dink nie godsdiens, of religie eerder, is veronderstel om vir die mens te werk nie.

Godsdiens, per definisie, beteken om in diens van God te wees, dus, dis om vir Iets/Iemand te werk.

Religie eerder gaan, ek dink, oor die plek en die manier wat ons antwoorde soek, en ons elkeen se vrae is so uniek soos onsself. My vrae gaan daaroor om 'n geheelbeeld van die Heelal en my plek daarin te bepaal, en om sin te maak van die "God-data" wat my sensortjies optel. Jou vrae gaan waarskynlik oor iets heeltemal anders en jou version van religie sal dus heeltemal anders wees as myne.

Selfs ons elkeen se religie is dus nie iets wat vir ons moet werk nie, maar dalk iets waaraan ons moet bly werk dat dit eventually vir ons kan werk... ???

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za