Friday, May 25, 2007

Painful 2b Beautiful


So sit ek vanoggend 'n stukkie van die "Tyra Banks Show" [ja, ek weet] en kyk terwyl ek ingedagte my koffie drink. Tyra gesels met mense wat hul tone laat korter maak en kollageen in hul hakke laat inplant sodat hulle met gemak hoëhakskoene kan dra.
Die plastiese chirurg help ons om hierdie fenomeen te verstaan: "We can't change fashion. But we can help women to have the freedom to wear what they want."
Inderdaad. Ons kan nie die mode verander nie, maar ons kan ons tone afsny.

(Die mees erudiete gesprekke oor lywe en lyflikheid vind tans by Oppietrap plaas. Terwyl jy daar is kan jy sommer ook vertel wat jou vagina sou sê as sy kon praat.)

2 Comments:

At 11:07 PM, Anonymous Anonymous said...

ge
nug
tig...

 
At 7:05 PM, Blogger Freddy said...

Ek het laaaaanklaas so lekker gelag. "Ons kan nie die mode verander nie, maar ons kan ons tone afsny."

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za