Wednesday, May 16, 2007

Die Kersie in my Venster


Ek kry gister 'n SMS wat vra ek moet 'n kers in 'n venster laat brand sodat Madeleine McCann gevind kan word. "Wie??", was my eerste reaksie. Toe onthou ek: "O ja, oulike grootoog blondekop Britse dogtertjie wat in Spanje ontvoer is."

Ek dink dis skreiend en tragies dat sy ontvoer is.
Ek dink dis skreiend en tragies dat daar jaarliks in Suid-Afrika tussen 800-900 kinders as vermis aangemeld word.
Ek dink dis skreiend en tragies dat niemand my daaroor SMS nie.

En ek wonder - hoekom SMS niemand my oor al die ander kindertjies nie?
Is dit omdat hulle nie pragtige blondekop grootoog kindertjies is nie?
Is dit omdat hul ouers nie toegang het tot die tegnologie wat kan help om oulike videos te versprei sodat die wêreld se harte kan sag word nie?
Is dit omdat ons genoeg ekstra kindertjies in Afrika het?
Is dit omdat hul ouers nie regtig omgee nie?
Kan dit wees omdat hul ouers nog nie daaraan gedink het om vir David Beckham te vra om op TV te verskyn ter wille van hulle kinders nie? (Dalk het hulle nie sy telefoonnommer nie.)
Hoekom bied Beckham nie aan om ook vir hul kinders te pleit nie?

As ek 'n kers in 'n venster laat brand, sal dit wees vir die mense wat ek ken wat daagliks 'n tuiste probeer skep vir straatkinders. En vir dié wat ek nie ken nie.
En vir die ander vermiste kindertjies die wêreld oor.
En vir hul ouers.
En vir dié wat die kinders probeer vind.
En vir 'n wêreld wat nie ewe ontsteld is elke keer as 'n kind vermis/ ontvoer/ vermoor/ verkrag word nie.
En vir Madeleine McCann.

3 Comments:

At 5:14 PM, Anonymous Anonymous said...

mooi

 
At 12:50 AM, Blogger Voetstoots van Tonder said...

hoor hoor

dit gaan my verstand te bowe dat een (arme) kind soveel aandag kry

 
At 10:28 AM, Blogger dorothy said...

that was pretty much my thought on the subject when i got the sms and email and saw it plastered all over yahoo and the like.

funny how certain people with the right set of circumstances practically become icons to some tragedy that befalls people on a daily basis

and what the fark is lighting a candle going to do for any of them anyway?

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za