Tuesday, May 08, 2007

So, who's the dominant species then?

'n Vriendin beweer, nadat sy drie kakkerlakke vir drie minute op maksimum in die mikrogolfoond genuke en hulle daarna doodluiters met hul lewens aangegaan het, dat kakkerlakke die potensiaal het om die dominante spesie op ons planeet te word. Hulle moet nog net die hele "opposible thumbs" ding uitwerk, dan is dit verby met ons.

Ek verskil van haar. Ek dink katte is die dominante spesie. Reeds. Die feit dat ons dit nog nie besef het nie, getuig bloot van ons naïwiteit en van katte se onderduimsheid.

6 Comments:

At 6:44 PM, Anonymous Anonymous said...

damn...hoe kon ek dit misgekyk het...

 
At 4:16 AM, Anonymous Anonymous said...

Ek stem 100% met jou vriendin saam!

As jy al die kakkerlakke hier in Taiwan sien operate het, sal jy ook oortuig wees. Hulle loop kordaat 3cm bo die grond, hou jou bewegings dop voordat hulle spantegnieke toepas en jou uiteindelik uitoorlE. Sonder 'n greintjie vrees.

Ek gaan nou nagmerries hE van daardie foto. Ek HAAAAAAT kakkerlakke!

 
At 7:32 AM, Blogger Nico said...

Let's face it: Katte dink hoeka hulle is kaas. Katte het nie base nie, hulle het personeel. Alles wat in die kat se huis gebeur, is om hulle te behaag. Wanneer dit hulle nie behaag nie, oortuig die vlymskerp naeltjies die oortreder vinnig dat die kat van hierdie huis geen behae het in dit wat gebeur nie.

Katte eet kakkerlakke. Ek het dit verskeie kere gesien hoe my Nushka kakkerlakke vang en verslind, jy weet, daardie groot sappige V8-nommers.

Die vraag is nog steeds: Hoeveel outnumber kakkerlakke katte? Ek dink dat as kakkerlakke kollektiewe intellek ontwikkel is ons toast. En miere.

 
At 7:36 AM, Blogger Nico said...

As jy The Hitch-hiker's Guide to the Galaxy gelees het, sal jy natuurlik weet hoekom witmuise die dominante spesie is...

 
At 8:46 AM, Anonymous Anonymous said...

Ons hond, Bobby, sê katte smaak soos hoender, en kakkerlakke soos iets tussen grondboontjies en springkane.

 
At 8:47 AM, Blogger Lammervanger said...

Ek het eenkeer 'n kakkerlak in Vredehoek vir drie sekondes aaneen met 'n bottel Doom gespuit. Die kakkerlak het eenvoudig die spuitkannetjie uit my hand geruk, nog in sy keelgat afgespuit as asemverfrisser, my met die spuitkan deur die gesig gebliksem en toe laggend weggestap. Ek het onder my bed gaan lê en instinktief my duim begin suig.

 

Post a Comment

<< Home

BlogAfrikaans.co.za